in

Staatsrede 2019: Landbou verdien die gesamentlike ondersteuning van regering

This post is also available in: English

Agri SA sien uit na President Cyril Ramaphosa se tweede Staatsrede wat vandeesweek gelewer sal word. Die boodskap van Agri SA is eenvoudig: landbou benodig die gesamentlike ondersteuning van al die regeringsdepartemente.

Landbou is die bes geplaasde sektor vir die regering om sy energie op te fokus vir twee belangrike redes:

  1. Die sektor is onder geweldige druk weens droogte, beleidsonsekerheid en veiligheidsredes
  2. Investering in die landbou sal reuse maatskaplike opbrengs verdien – nasionale prioriteite soos transformasie, werkskepping, voedselsekerheid, ekonomiese groei en maatskaplike stabiliteit kan deur investering van regeringshulpbronne in landbou die mees doeltreffendste te weeg gebring word.

“Om te regeer is om te prioritiseer, en ondersteuning aan die landbou sal ander sektore van die ekonomie ook vinnig baat,” sê Omri van Zyl, Agri SA se uitvoerende direkteur. “In dié verkiesingsjaar, laat die boodskap van die regering duidelik wees dat breë ondersteuning aan ‘n volhoubare en dinamiese landbousektor die hoof prioriteit sal wees.”

Agri SA sal na die volgende aspekte in die Staatsrede kyk:

  • Onteieningswetsontwerp: Die onlangs gepubliseerde wetsontwerp vervat verskeie vae terme soos “verlate grond” en grond wat vir “spekulatiewe doeleindes” gehou word wat moontlik teen ‘n nul-waarde onteien kan word. Dit moet uitgeklaar word. Agri SA staan by die algemeen aanvaarde internasionale standaard vir vinnige, voldoende en doeltreffende vergoeding.

Agri SA-versoek: Versoek die Departement van Openbare Werke om beleidsekerheid te gee deur dié klousules wat vir onteiening sonder vergoeding toelaat, te definieer.

  • Droogtekrisis: Die voortslepende droogtetoestande in groot dele van landelike gebiede is ‘n reuse risiko vir werkskepping en voedselsekerheid.

Agri SA-versoek: Versnelde droogtebystand is nou die enigste opsie.

  • Waterhervorming: Beleidsonsekerheid en oneffektiewe bestuur van Suid-Afrika se waterhulpbronne en infrastruktuur veroorsaak groot kommer vir die landbousektor.

Agri SA-versoek: Prioritiseer die funksionele kapasiteit van die Departement van Water en Sanitasie ten einde waterwetgewing en -beleid doeltreffend te implementeer.

  • Landelike Veiligheid: Agri SA wens die Suid-Afrikaanse Polisiediens geluk met die verbetering van sy landelike veiligheidsinisiatief deur onder meer die hersiening van die landelike beveiligingstrategie wat Agri SA vertrou vanjaar bekendgestel sal word.

Agri SA-versoek: Die beleid beloof om uitstekende uitkomste te lewer en moet behoorlik geïmplementeer en finansier word.

  • Transformasie: Landbouhervorming is gekniehalter deur ‘n tekort aan befondsing en die oordrag van vaardighede.

Agri SA-versoek: ‘n Landbou-Ontwikkelingsfonds moet gestig en behoorlik gefinansier word.

  • Nasionale Minimumloon: Deur Agri SA se aanstelling tot die Nasionale Minimumloonkommissie sal Agri SA die implementering van die NMW wet en die effek wat dit op die landbousektor ten opsigte van werkskepping kan hê, deeglik monitor.

Agri SA-versoek: Om behoorlik aan die kommissie se voorstelle gehoor te gee en aandag te skenk aan die praktiese aspekte.

“Ons wens President Ramaphosa alle sterkte met die Staatsrede toe. Ons is deeglik bewus van die druk uit verskeie oorde, maar hoop en bid dat hy in 2019 Suid-Afrika sal kan stuur na groter stabiliteit en ekonomiese insluiting.

Agri SA het vyf toegewyde Sentrums van Uitnemendheid wat op die beleidsgebiede Grond, Arbeid en Ontwikkeling, Natuurlike Hulpbronne, Landelike Veiligheid en Ekonomie en Handel fokus. Die amptenare sal voortgaan om hul te beywer vir ondersteunende en transformerende beleidsuitkomste.

Bron: Agri SA

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Dom Boer se lag vir die dag:

Boer slim met Timac Agro SA