in ,

Staalmeester-kerf-sy-pad-oop

This post is also available in: English

Staalmeester se mense weet presies wat die Suid-Afrikaanse boer nodig het. Sedert PML Coetzee in 1950 sy eerste mobiele stroper en grondboon-ontdopper ontwerp en gebou het, het die familie-onderneming daarin ­geslaag om moderne toerusting, perfek vir plaaslike toestande, aan boere ­beskikbaar te stel.

Staalmeester is bekend vir sy ­swaardiens houtkerwers wat letterlik bome met takke en al kan verslind en in hanteerbare stukkies uitspoeg, so ook sy swaardiens hamermeulens wat van bale-opbreek ‘n speletjie maak.

Staalmeester se reeks eie produkte word aangevul met ingevoerde ­toerusting uit lande soos Duitsland, Denemarke en Finland.

Megaweek

By Agri Megaweek wat vanjaar van 15 tot 17 September aangebied word, kan boere gerus gaan kyk na Staalmeester se doeltreffende kuilvoerkerwers, tolsnyers, baalbrekers, hamermeulens, houtkerwers, tolharke en misstrooiers.

Die Heizohack HM6-300 houtkerwer is enigeen wat grond wil ontbos se droom. Met ‘n invoerhoogte van 30 cm kerf die kerwer bosse, takke, pale en selfs heel boomstompe met ‘n maksimum deursnit van 400 mm lag-lag op.

Kom kyk gerus ook na die JF FCT 955 Pro Tec-kuilvoerkerwer met sy 1,8 m opteltafel. Die kerwer, wat van ­Denemarke af kom, maak kleingeld van alle hooi, verskillende graan-, gras- en peulplantsoorte. Ook van Denemarke is die JF SB 6- tolsnyer met 10 tot 14 profiellemme en ‘n werkwydte van 2 tot 2,8 meter.

By die Megaweek sal Staalmeester se eie 6776 Multi Swaardiens-hamermeul ook besigtig kan word. Die hamermeul het ‘n gevorderde invoerstelsel wat ­verhoed dat bale voortydig opbreek.

Nuwe tak in die Wes-Kaap

Goeie nuus vir Kaaplanders is dat Staalmeester beplan om aan die begin van November ‘n tak in die Wes-Kaap oop te maak. Daar word nog ­onderhandel oor die perseel, maar die kontakpersoon is Neels Sanders en sy telefoonnommer is 082-937-4841.

Vir enige ander navrae oor Staalmeester se produkte, skakel Martin Coetzee by die fabriek op Hartebeesfontein by 018-431-0300 of 082-887-1350. Besoek gerus ook die webwerf waar opnames van die toerusting in aksie bekyk kan word: www.staalmeester.co.za.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Kirsten Broers lewer puik werktuie presies volgens jou behoefte

Boere kan reken op Shell