in , ,

Span tjop-tjop ’n heining met Bonnox

bonnox
Oupa Mabhena en Patrick Ndlamini is die werkers wat Johan Venter se Bonnox Econo-heining so netjies span.

This post is also available in: English

Die toestand van ’n boer se heining is vandag net so belangrik as sy skape, daarom het Johan Venter, ’n deeltydse skaapboer en makelaar van Middelburg, tjop-tjop ’n Bonnox-heining op sy plaas gespan.

“Ons het twee jaar gelede die 40 hektaar grond bekom en die eintlike doel was om ’n fabriek op te rig waar ons veiligheidsdeure maak, maar ek het die plaas stelselmatig begin ontwikkel,” sê Johan.

Hy het eers met ’n hoenderprojek begin en daarna die skaapboerdery aangepak waarvoor hy ordentlike heinings benodig het.

Gelukkig het Bonnox se nuwe Econo-ligversinkte 1,2-meter heinings tot sy redding gekom. Volgens Johan wou hy nie tradisionele doringdrade gebruik nie, want dit is nie baie veilig vir sy diere nie. “Rondloperhonde kom maar in en ek probeer om jakkalse uit te hou alhoewel ek nog nie regtig roofdierprobleme het nie,” sê hy.

Johan het al 2 km Bonnox gespan gehad toe ProAgri by hom gekuier het en hy sê dit verg eintlik baie min tyd om 100 meter Bonnox te span. Hy het net twee werkers wat die draad vir hom span nadat die hoekpale geplant is, “want dit is die grootste werk,” sê hy. Tussen die hoekpale/trekpale wat 98 m uitmekaar is, is die Y-pale 10 of 11 meter van mekaar af ingeslaan.

Johan is baie tevrede met Bonnox en sê hy het al voorheen ook met Bonnox se mense gewerk. “Die produk is maklik, werk lekker, is duursaam en die oprigting is vinnig.”

Hy sê ook Bonnox se mense is baie hulpvaardig. “Ek kan glad nie kla nie; hulle lewer baie goeie diens. As ek bel om te bestel kan ek dit die volgende dag al gaan oplaai en die bestelling is elke keer opgemaak presies soos ek dit deurgegee het,” sê Johan.

Bonnox se Econo-reeks werk perfek om jou skape veilig in hulle kamp te hou en roofdiere buite.

Meer oor Bonnox se uitmuntende produkte:

  • Bonnox het meer as sewentig verskillende produkte wat vir verskillende take aangewend kan word.
  • Heininghoogtes wissel van 0,6 tot 2,4 meter en met Bonnox se unieke Ringlok®-patent bied selfs die skuinsste opdraande geen uitdaging nie.
  • Daar is ook ’n ekonomiese, ligversinkte weergawe van die nege gewildste produkte beskikbaar.
  • Die produkte sluit in: Money Saver-, Close Mesh- en Kombi Mesh-reekse.
  • Produkte word regstreeks van die fabriek by Pretoria landwyd en selfs oor die grens gestuur.
  • Bonnox se webwerf gee vir die boer riglyne oor hoe om die heining self te span.

Skakel Bonnox by 012-666-8717 of 076-169-9068, stuur ’n e-pos na gerda@bonnox.co.za, linda@bonnox.co.za of zane@bonnox.co.za, of besoek hulle webwerf by www.bonnox.co.za om jou prysberaming aan te vra. Hulle bied tans 25% afslag en jy kan 10 roll koop en een gratis kry. Dit geld slegs vir Bonnox se Ekonomiese en Elite-reekse.

Daar is nie ’n mooier heining as ’n Bonnox-heining nie.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Almaz: Saadskoonmaak is eintlik eenvoudig en goedkoop

Smarta bied bekostigbare pompbeheer sonder smart