in ,

Span ՚n berg toe met Bonnox

Nadat Tony Guthrie sy plaas Jacobrust met Bonnox omhein het, verdwyn sy wild nie meer in die Malutiberge nie.

This post is also available in: English

“Die elande het letterlik saamgewerk en deur die draad geloop… ՚n Bul en vyf koeie het net nadat ons ingetrek het ՚n 100-meter stuk elfsnaardraad naby ons plaashek omgestoot. As ՚n eland in hierdie vallei beland, is hy weg…”

So sê Tony Guthrie van die plaas Jacobrust naby Bethlehem. Hy het die plaas elf jaar gelede gekoop en die grensdrade het soos ՚n tipiese maplotterheining gelyk. Tony sê op party plekke was dit sewe voet en ander agt voet hoog en op party plekke was daar ses drade en op ander elf.

In daardie stadium het hy en sy vrou Beth kleinwild soos springbokke en blesbokke op die plaas gehad en hulle wou nog inheemse wild op die plaas sit, kothuise bou en die gaste op wildritte neem.

“Ons was haastig om ՚n behoorlike grensdraad te span, want die wild het voor ons oë weggeraak en die nuwe diere was op pad,” sê Tony.

Jakkalse was ook ՚n groot probleem en as hulle gewone draad moes span, moes hulle nog ekstra jakkalsdraad onder sit, of hulle moes die drade baie naby aan mekaar span, maar dit was baie werk en het meer herstelwerk beteken.

Tony sê “Ek wou ՚n behoorlike 2,4-meter wildsheining reg rondom die plaas span en het ses maande lank huiswerk gedoen en na verskillende pryse en style gekyk. Bonnox se kombinasie reekse met kleiner blokkies onder het dus ingeboude jakkalsdraad aan die onderkant.”

Die plaas is baie heuwelagtig, maar dit was nie moeilik om die Bonnoxheining te kry om die styl kontoere te volg nie.

Hy het op die 2,4 meter vir die grensdrade besluit want hulle wou elande aanhou. Die 2,1 meter en 1,8 meter was geskik vir die binneheinings.

“Bonnox het vir my ՚n lys van hulle onafhanklike kontrakteurs gegee waarvan ek gebruik gemaak het. Die draad se prys is een ding, maar die arbeid, koste en tyd wat dit gaan neem om dit op te rig is ՚n ander ding. Die kontrakteur het gelukkig geweet wat hy doen.”

“Ons het alles by Bonnox gekoop, die pale, sparre, trekbalk… tot die binddraad. Een trok met alles op het die dag op die plaas aangekom en binne drie maande is die nege kilometer grensdraad en die binnekampe gespan. Die plaas is in ՚n berg en die kontoere wat die draad moes volg was geweldig styl. Maar dit was nie regtig moeilik om die Bonnox te kry om die profiel van die terrein te volg nie. Dit het baie vinnig en maklik gegaan. Arbeidsgewys is die besparing op Bonnox uitstekend,” sê Tony.

“Vandag verloor ons niks wild meer nie. Voorheen moes ek elke week draad regmaak – elke week!”

Beth is ook verheug oor Bonnox se heining. “Ek voel ook baie veiliger met Bonnox. Die idee dat iemand ՚n klomp plekke moet knip om deur te kom, wat baie langer neem as gewone draad, laat my baie veiliger voel.”

Dis ook baie makliker om ՚n Bonnox-heining wat geknip is weer reg te maak, as ՚n styfgespande draad wat wegskiet.

Met Bonnox se hulp kan die Guthries nou vanaf kleinwild soos springbokke en blesbokke tot so grootwild soos elande op hulle wildsplaas aanhou.

“Ons koop nog steeds so nou en dan Bonnox om nog kampe te span. Ons moet letterlik die berg en vallei toespan,” sê Tony.

Verrig die onmoontlike met Bonnox. Skakel hulle by 012-666-8717 of 076-169-9068, of stuur ’n e-pos na gerda@bonnox.co.za, linda@bonnox.co.za of zane@bonnox.co.za. Besoek ook Bonnox se webwerf by www.bonnox.co.za.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Elke boer begeer ‘n John Deere (en dit kom van ver af)

Grondverskuiwende vennootskap tussen Agri SA en Fidelity ADT om plaasgeweld en landboumisdaad te verminder