in ,

Smith Power Equipment bied veelsydige oplossings vir Laeveldboere

smith power
Zander van der Merwe, werknemer van Smith Power Equipment, Nelspruit-tak, Jacques de Klerk van JDK Konstruksie en Dirk Joubert, gebiedsbestuurder van Smith Power Equipment.

This post is also available in: English

deur Lindi Botha

NAMPO Standplaas: E22 d-f, E23, E36a

Goeie produkte en goeie diens is ‛n wenresep wat Smith Power Equipment in Nelspruit noukeurig toepas. Die tak het in Maart oopgemaak en is ideaal geleë om die streek se boere te dien met landboumasjinerie.

Smith Power Equipment hou ‛n uiteenlopende reeks handelsmerke aan, wat Kubota, Polaris, Kawasaki, Kipor, en Linhai insluit. Trekkers, vurk-hysers, wipbaktrokke, kragopwekkers, laaigrawe, vierwielmotorfietse en ATV’e is daar om van te kies en keur.

Smith Power Equipment het boonop ‛n werkswinkel op die perseel, maar gaan hoofsaaklik uit na die kliënte om toerusting te versien. “Dit maak sake baie geriefliker vir die boer. Hy hoef nie die masjiene op te laai en aan te ry dorp toe nie; ons bring ons werkswinkel na die plaas,” sê Dirk Joubert, gebiedsbestuurder vir Smith Power Equipment in Nelspruit.

Die tak hou ‛n groot voorraad onderdele aan om blitsige diens te kan lewer, en ‛n onderdeel wat hulle nie in voorraad het nie, kan gou-gou bestel en versend word om die boer se staantyd immer tot die minimum te beperk.

Een van die uitblinkers op Smith Power Equipment se verkoopsvloer is die Kubota-reeks trekkers en TLB’s. Die reeks Japanese toerusting het die grootste markaandeel in trekkers onder 65 kW in Suid-Afrika – en met goeie rede. Kubota is ook die grootste vervaardiger van trekkers met 74 kW enjins.

“Prysgewys is Kubota baie mededingend en jy kry uitmuntende waarde vir jou geld. Kubota staan vir niks terug nie en het baie trekkrag. Kubota bestaan al vanaf 1890. Daar word elke minuut ‛n Kubota-trekker vervaardig en elke 30 sekondes, ‛n Kubota enjin. Hy het al ‛n goeie naam vir homself gemaak,” sê Dirk.

Een van Kubota se gewildste reekse is die L45. Dié trekker/laaigraaf/trugrawer (TLB) is ideaal vir boerdery of konstruksie. Hy grou in ‛n japtrap slote, verskuif en laai grond en funksioneer ook as ‛n volwaardige trekker met ‛n driepunthyser en kragaftakker wat enige trekkerwerk kan doen nadat jy die laaigraaf- en trugrawerarms in ‛n japtrap verwyder het.

Die Kubota L45 is veral gewild in Nelspruit onder die makadamia- en sitrusboere omdat hy gladweg van die een ry bome in die ander inbeweeg met een draai. Die trekker se Hydro Dual Speed beteken dat daar in die ry van hoë- na laestrek oorgeskakel kan word wanneer meer krag benodig word en terug na hoëstrek wanneer dit nie meer nodig is nie.

Jacques de Klerk, eienaar van JDK Konstruksie, het vroeër vanjaar ‛n Kubota L45 by Smith Power Equipment gekoop. “Veelsydig en rats” is hoe hy hierdie werktuig beskryf.

Hy is baie beïndruk met die masjien en erken dit is die aankoop wat hom al die meeste gehelp het in sy onderneming. “Die L45 bly besig. Behalwe die werk wat hy op my perseel doen, verhuur ek hom ook uit aan boere in die gebied. As boere hom sien, wil hulle hom hê!”

Jacques kan nie voorbly met besprekings van boere wat die L45 wil huur om grondvoorbereiding te doen nie: “Die graaf is veral ideaal om besproeiingslote te grawe omdat die bak net die regte wydte is. Een boer wat die L45 vir dié doeleinde gehuur het, het gereken op twee dae se werk met ‛n gewone TLB, maar die L45 het die 300 meter lag-lag in net een dag klaar gemaak.”

Die L45 is rats en werk vinnig. “Omdat hy kleiner as gewone TLB’s is, kan hy maklik in beknopte plekke inkom en rondbeweeg. Hy grawe ook fondasies van 600 mm wyd, wat ideaal is. As ek ‛n ander TLB moes gebruik wat standaard 750 mm wyd grawe, dan moes ek na die tyd teruggaan en die sloot nouer maak. So, ek bespaar tyd en arbeid,” glimlag Jacques.

Die L45 grawe drie meter diep met ‛n wegbreekkrag van 25 892 Nm en ‛n laaihoogte van 2 319 m. Die ekstra-swaardiensagteras en die hoogligstabiliseerders sorg dat die L45 stabiel bly en makliker grawe.

Jacques noem dat een van die beste kenmerke van die L45 die hidrostatiese aandrywing (HST) is. “Daar is nie ratte wat verander moet word nie en as jy jou voet van die pedaal afhaal, rem hy outomaties. As jy op ‛n afdraande werk, hoef jy jou nie te bekommer dat die trekker gaan aanhou loop as jy jou voet van die pedaal afhaal nie. Hy stop outomaties.” Dit maak die operateur se lewe baie makliker en veiliger.

Om self die Kubota L45 uit te toets, kontak Smith Power Equipment in Nelspruit by 013-752-2023. Meer inligting oor die hele Kubota-reeks is te vinde by www.kubotasa.co.za.

Die Kubota L45 is ideaal vir grondvoorbereiding op ‛n plaas of bouperseel, want die bak is die ideale breedte vir fondasies.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

ECM: ATN MARS sal jou uitkyk op die lewe verander

Ry teen 10 sent per kilometer!