in ,

SmartTouch: Valtra se slim beheerarm reik na ryk oeste

This post is also available in: English

Makliker, geriefliker en doeltreffender kry jy nie: Valtra se SmartTouch-beheerarm haal al die smart uit trekkerbestuur. Verby is die dae toe ’n swetende, stofbelaaide boer op ’n bonsende trekker moes rondstamp terwyl hy op die stram koppelaar staan en met ’n tros halsstarrige ratkieries spook – vandag sit hy sag in die lugversorgde weelde van ’n Valtra-kajuit en met moeitevry beweginkies van sy regterhand op die SmartTouch-beheerarm en -skerm stuur hy sy bevele waarop die trekker onmiddellik reageer. Nog nooit voorheen kon soveel krag en soveel gevorderde funksies met so min moeite en so akkuraat hanteer word nie.

Die SmartTouch-opsie is beskikbaar vir alle Valtra-trekkers, maar net die Valtra S4 en T4 Versu het dit as standaardtoerusting.

Die hele stelsel bestaan uit die beheerarm, ’n 9-duim SmartTouch-raakskerm en ’n byderhand beheerstok om hidroulika akkuraat te beheer.

Valtra se SmartTouch-skerm werk makliker as ’n slimfoon en alle verstellings kan bereik word met net twee tikkies of vegies van ’n vinger.

Die beheerarmrus is ontwerp om presies by jou arm, hand en vingers te pas sodat jy met die minste moeite en inspanning jou Valtra perfek kan beheer. Boonop werk dit alles so eenvoudig en verstaanbaar, selfs ’n landboujoernalis kan dit baasraak.

Om dit nog makliker te maak, voel en lyk die verskillende beheerknoppies verskillend.

Drie programmeerbare geheueknoppies stel die trekker in staat om enige proses of werking te onthou sodat alles nie elke keer van voor af ingevoer hoef te word nie. So kan die trekker geprogrammeer word vir verskillende werktuie, verskillende take – soos self omdraai op die wenakkers (U-pilot) – of selfs om die voorkeure van verskillende operateurs te pas.

Twee rolknoppies beheer die hidrouliese aksies. Hulle is met riffels beskerm sodat ’n mens nie per abuis daaraan verstel nie. Daar is ook genoeg duimrusruimte tussen al die knoppies op die beheerarm sodat jy nie met jou duim op ’n knoppie hoef te sit en dit onbedoeld druk nie.

Die kragaftakkerbeheerknoppies is ook so geplaas dat die operateur dit nie per ongeluk kan aktiveer nie.

Die Valtra Versu met SmartTouch is die enigste trekker in die wêreld wat met die beheerarm bestuur kan word. Die trekker versnel of verminder spoed bloot deur die beheerarm vorentoe te druk of agtertoe te trek. Die N- en T-reeks se HillHold-funksie sorg dat die trekker nie teen skuinstes terugrol nie.

Tot nege hidrouliese funksies kan met die SmartTouch-terminaal geprogrammeer word. Enige hidrouliese klep kan vir enige taak aangewys word sodat jy enige hidrouliese taak met enige hidrouliese hefboom of beheerstok kan beheer – ingeslote ’n laaigraaf.

’n Valtra met SmartTouch bestuur so lekker dat jy sommer lus is om deurnag te werk. Daarvoor word die trekker se werkligte ook akkuraat en maklik vanaf die SmartTouch-terminaal beheer.

Trekkerwerk was nog nooit so lekker nie, want SmartTouch is spesiaal ontwerp vir gebruikersgerief, maklike gebruik en doeltreffendheid. Geen wonder dat SmartTouch in 2017 met die Red Dot Ontwerptoekenning en in 2018 met die iF-ontwerptoekenning bekroon is nie.

Kyk na https://youtu.be/ucHVZCt_MGY om SmartTouch in aksie te sien en elke week ’n wenk oor die benutting van SmartyTouch te ontvang, en lees meer op https://www.valtra.com/products/valtra-smart-touch.html.

Span SmartTouch op jóú plaas in om die werk maklik, lekker en akkuraat te laat vlot. Praat met Attie de Villiers by 083-261-9863, 056-817-7308 of attiedev@valtrac.co.za.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Bonnox is’n leefstylkeuse

Jongboere word toegerus om buite die plaashek te dink