in ,

Smarta bied bekostigbare pompbeheer sonder smart

Pedri de Villers by ՚n Smarta-pompbeheerstelsel wat die boer in staat stel om sy boorgat- of reservoirpomp ten volle te beheer en wat gereeld verslag doen oor al die aspekte van pompwerking, watervlak en watervolume.

This post is also available in: English

Dit is so goed asof jy altyd, dag en nag, langs jou boorgatpomp staan en boonop onder in die gat kan sien presies wat daar aan die gang is – as jy Smarta-pompbestuur het.

Smarta wys jou enige plek in die wêreld hoe sake met jou waterpompe gesteld is:

  • of die pomp loop of staan,
  • hoeveel volt en ampère gebruik word,
  • hoeveel kilowatt die pomp lewer,
  • hoe hoog die watervlak in die boorgat of reservoir is,
  • hoe vinnig die watervlak daal terwyl die pomp loop,
  • hoeveel liter water die pomp pomp as jy opsie met die vloeimeter kies,
  • hoeveel keer en hoekom die pomp af- en aangeskakel het,
  • hoeveel uur die pomp geloop en gestaan het,
  • hoeveel elektrisiteit die pomp verbruik het,
  • hoedanig die elektrisiteitsvoorsiening na die pomp is (kragstuwings, -wisselings en –onderbrekings), en
  • wanneer daar ՚n kragtoevoeronderbreking is of iemand met die stelsel peuter.
So lyk ՚n Smarta-stelsel op ՚n boorgat. Die stelsel vertel die boer, waar in die wêreld hy ook al mag wees, alles wat van sy pomp en boorgat te vertel is en stel hom in staat om die werking van enige plek af te beheer.

Boonop hou die Smarta-stelsel rekord van al hierdie dinge en lewer elke nag twaalfuur verslag sodat jy met al hierdie nuttige, akkurate inligting tot jou beskikking sinvolle waterbestuursbesluite kan neem. Jy kan byvoorbeeld selfs verlede jaar en vanjaar se grondwatervlakke vergelyk.

Met Smarta aan ՚n boorgat- en reservoirpomp kan jy sê op watter tye en/of watervlak die pomp moet aan- of skakel. As jy die opsie met die vloeimeter kies, kan jy ook bepaal hoeveel kiloliter jy wil pomp en gepomp het. Die vloeimeters wat Smarta gebruik is bestand teen klippies wat sommige ander vloeimeters soms laat vasslaan, maar elke stelsel word presies volgens die klant se behoeftes saamgestel en geprogrammeer.

Die beste nuus is dat Smarta hier in Suid-Afrika uitgedink en ontwikkel is en vervaardig word sodat dit presies aan ons eie boere se behoeftes voldoen en sodat daar altyd kundigheid, diens en onderdele beskikbaar sal wees. Pedri de Villiers is die slimkop wat al drie jaar besig is met die ontwikkeling van die stelsel en hy het eers doodseker gemaak dat dit honderd persent werk en honderd persent betroubaar en gebruikersvriendelik is voordat hy dit begin bemark het.

Smarta is op soek na bemarkingsagente in elke dorp of streek in die land, sodat geen boer hoef te sukkel om die stelsel in die hande te kry nie. Smarta self installeer die stelsel en bied die doodmaklike opleiding om dit te gebruik.

Enigeen kan nou reeds via die internet op Smarta se demonstrasie-rekening gaan rondspeel om te kyk hoe Smarta werk. Die webadres is www.smartaonline.com.

Vir meer inligting oor die perfekte oplossing vir waterpompbestuur, praat met Pedri de Villiers by 076-432-3013 of e-pos pedri@smarta.co.za.

՚n Enkele sonkragpaneel is genoeg om ՚n Smarta-waterpompbestuurstelsel aan ՚n tenk, dam of boorgat te beheer en te bestuur.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

bonnox

Span tjop-tjop ’n heining met Bonnox

Hilux

2018 Toyota Hilux Dakar: Styl wat pas by die legende se vermoëns