in ,

Skuif bale sonder sukkel met Kanna se baalwa

This post is also available in: English

Die ware toets vir enige nuwe boerderytoerusting lê in ‘n seisoen se harde werk op die plaas. Johan Naudé is ‘n suiwelboer van Worcester en elke melkboer sal weet dat die produksie en hantering van goeie voer ‘n groot uitgawe is wat baie gou kan weghol. Toerusting wat kan help om tyd, brandstof en arbeid te bespaar, maak uiteindelik ‘n verskil aan die melktjek. Johan het in September besluit om in die plaaslike maatskappy, Kanna Industries, se baalwa te belê en hy is glad nie spyt nie. Dit was die eerste Kanna-baalwa wat in die omgewing geloop het en Johan sê wat vir hom goed was, was dat Willa Nolte van Kanna bereid was om die pad saam met hom te loop en na sy voorstelle te luister. “Sy naverkopediens is uitstekend.”

Die baalwa het 4 500 lusernbale van gemiddeld 285 kg elk geskuif en is gereed vir die volgende seisoen. Johan sê: “Waar ek vroeër van hande-arbeid gebruik gemaak het om bale nader te rol en dan twee trekkers nodig gehad het om te laai en aan te ry, is dit nou ‘n eenman-operasie. Dit neem so 5 tot 6 minute om die baalkar vol te laai met die ses bale wat hy op een slag kan hanteer.” Die baalwa het ‘n arm wat die bale in die ry opskep en tot op die kar laat rol waar dit met hidrouliese kettings agtertoe gestoot word om plek te maak vir die volgende baal. Die kettings sorg ook vir gladde aflaaiwerk om die bale in ‘n netjiese ry neer te laat. André Rabie is nog ‘n boer in die omgewing wat die baalwa aangeskaf het om te help met sy voermaakbedryf. Hy sê: “Dit werk soos ‘n droom en die prys is goed. Die pryse van ingevoerde goed kan nie eers naastenby daarmee vergelyk nie.”

Hy sê die werking van die masjien is ook eenvoudig en sy werker het dit gou baasgeraak. Die baallaaier kan ook toegedraaide bale sagkens hanteer. Die baalwa is een van die uitmuntende produkte wat Kanna se fabriek op Worcester vervaardig. Lees in ProAgri 187 of op www.proagri.co.za meer oor Kanna Industries se laaigraaf wat ‘n baal tot drie meter hoog kan lig om te stapel of in ‘n voermenger te gooi, ‘n skraper wat grond wegvat sonder om walle te los en ‘n ministortbakstel (skip) wat jy agter jou bakkie kan aansleep om enigiets met gemak weg te ry en uit te gooi.

Kontak Willa Nolte van Kanna Industries by 072-333-1051 of willa@kannaindustries.co.za om jou baalwa te bestel, of besoek www.kannaindustries.co.za.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Kontrakteurboer sê: LEMKEN werk beter vir minder diesel

Kubota se L45 maak boere se lewe makliker