in ,

Skryf jou beste suiwel in vir die 189ste SA suiwelkampioenskappe in 2022

Alle suiwelprodusente word genooi om in te skryf vir die 2022 Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskappe, die grootste, oudste en mees gesogte suiwelgebeurtenis in die land.

Die kampioenskappe, wat sedert 1834 deur Agri-Expo aangebied word, lok jaarliks sowat 900 inskrywings van groot, medium en klein vervaardigers. Hierdie suiwelprodukte kompeteer vir die gerekende titels van SA Kampioen, die Qualité-merk van gehalte en die Produk van die Jaar, wat aangewys word tydens die glansryke Suid-Afrikaanse Suiweltoekennings.

Erken en bevorder uitnemendheid

Inskrywings vir die 189ste SA Suiwelkampioenskappe open op Maandag 10 Januarie 2022.

Volgens Johan Ehlers, Hoof Uitvoerende Beampte van Agri-Expo, is die doel van die kampioenskappe om uitnemendheid in die Suid-Afrikaanse suiwelbedryf te erken en te bevorder. “Die kampioenskappe het die nasionale maatstaf geword waarvolgens vervaardigers – van internasionale maatskappye tot agripreneurs – hulself jaarliks teen mekaar meet,” sê Ehlers. “Enige suiwelprodusent wie se produkte in die handel beskikbaar is, kan inskryf vir die kampioenskappe, wat meer as 100 klasse vir kaas, jogurt, melk, room, roomys, botter en ander produkte insluit.

Beoordelaar Simone Kemp (links), ‘n kenner in die tekstuur van suiwelprodukte, hoofbeoordelaar Alan Fourie (middel) en Breyton Milford (regs), Operasionele Bestuurder van Agri-Expo tydens die SA Suiwelkampioenskappe se beoordeling by Elsenburg.  

“Die wenners in die onderskeie klasse word as SA Kampioenbekroon. Produkte van uitsonderlike gehalte wat ’n spesifieke minimumpunt op die internasionale telkaart behaal het, ontvang die Qualité-toekenning, wat deur ons bedryf erken word as die enigste merk van gehalte. Ná die eerste rondte beoordeling deur sowat 60 beoordelaars wys ‘n onafhanklike paneel van vyf kundiges die Produk van die Jaar aan.”

Belangrike datums:

  • Aanlyninskrywings open op Maandag 10 Januarie 2022 op die webwerf www.cheesesa.co.za.
  • Die sluitingsdatum vir inskrywings is Dinsdag 1 Februarie 2022
  • Die beoordeling vind van Donderdag 24 Februarie tot Vrydag 25 Februarie 2022 in die Percheron-saal op Elsenburg plaas.
  • Die SA Suiweltoekennings word op Vrydag 25 Maart 2022 by Cavalli Estate op Stellenbosch aangebied.

Die SA Suiwelkampioenskappe en SA Suiweltoekennings word moontlik gemaak in samewerking met die platinumvennoot Synercore en ander vennote. Vir meer inligting, besoek www.cheesesa.co.za of kontak Agri-Expo by 021 975 4440 of cheese@agriexpo.co.za.

Uitgeruik deur:

Isabeau Botha

Korporatiewe Kommunikasiebestuurder

Agri-Expo

021 975 4440/072 247 5868

isabeau@agriexpo.co.za

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published.

Te nat óf te droog – Syngenta is aan jou kant

Harnessing the power of agritech to help SA’s smallholder farmers