in , ,

Skep die snoesigste saadbed…Met die kragdadige Tatu~skotteleg

This post is also available in: English

As die planttyd kom, moet die graanboer gereed wees om sy duur saad aan die goeie grond toe te vertrou. Sy saadbed moet los, fyn en egalig wees om elke pit die beste lêplek te gee waarin hy flink kan ontkiem en geil kan groei om ’n wenoes te verseker.

Neels Steyn en sy vriendin, Soreta Wessels, voor die pragtige saadbed wat die Tatuskotteleg voorberei het.

Dit beteken dat die boer se lande sorgsaam en deeglik gereedgemaak moet word vir die plantseisoen. Daarom gebruik Louis Claassen Familietrust-boerdery naby Sasolburg net die doeltreffendste, sterkste, stewigste werktuig met min bewegende dele en geen fieterjasies wat staantyd kan veroorsaak nie – die Tatu-skotteleg van Valtrac.

Niel van der Westhuizen, plaasbestuurder, vertel dat die boerdery nou reeds vyf van dié voortreflike skottelêe het, wat nuwe betekenis aan hulle grondbewerkingstaak gee.

Twee van die Claassens se êe het 40 skottels elk en drie het elkeen 28 skottels. Hulle word onderskeidelik deur ’n 220 kW en ’n 92 kW trekker gesleep. Die 40-skotteleg is 5,205 meter breed en vereis ’n dubbelplaashek om op die land te kom, maar as jy eers begin eg is jy bly oor die groot lap aarde wat die wye eg met elke baan bewerk. Op hulle lande gebruik die Tatu tussen 6 en 8 liter diesel per hektaar en draf die stoppels en onkruid en polle kaf teen 10km/u.

ValtracNeels Steyn beduie hoe die stoppers ingespan word om steeds die verlangde diepte te bereik met die kleinerwordende skottels.

“Nadat die beeste die reste op die lande deeglik benut het, trek ons die disse twee keer, kruis en dwars, oor die lande en dan is die lande gereed om te lê tot planttyd. Die enigste ander bewerking is net die saadbedvoorbereiders wat voor die planters loop,” sê Neil.

“Met die eerste slag laat sak ons die disse so 150 mm diep en wanneer ons weer verbykom, is die grond lekker los sodat ons 200 mm diep kan werk. Agter die dis het die stoppels en polle dan heeltemal onder die grond, wat dan ook lekker fyn is, verdwyn,” sê hy. “Die enigste verstelling aan die werktuig is wanneer jy die aggressiwiteit oftewel die hoek van die skottels wil stel deur net die twee balke se hoek te verstel, maar ons het dit een keer ingestel en is nou doodtevrede,” sê hy. Die hoeke kan op 18, 20 en 22 grade gestel word.

“Ons het gevind dat die skottels vir die bewerking van 1 200 hektaar per jaar so vyf tot ses seisoene hou en ons hoef die eg net twee keer per week te ghries. Die uitsonderlike eienskap van die Tatu is dat elke laer in ’n verseëlde oliebad loop, wat dit feitlik onbreekbaar maak solank jy net nie die laers se omhulsels wat die aste vashou, op die grond laat skuur nie.

Neil van der Westhuizen, plaasbestuurder van die Claassens se boerdery, en Samuel Mcqecma is ingenome met die 40-skottel Tatu-eg wat ’n saadbed skep om van te droom.

“Tussen al vyf die disse vervang ek so een laer elke derde seisoen,” sê Neil. Kerneels Steyn boer ook in die Parys-distrik en hy kan nie uitgepraat raak oor Valtrac se uitstekende diens nie. “Die naverkopediens is puik en dit maak die produk baie meer volledig. Hulle was dadelik op die toneel toe ons ’n probleem met die instel van die skotteleg gehad het en hulle maak reg om reg te maak, nie om vir net nog ’n rukkie te werk nie. Elke keer wanneer ons onderdele nodig gehad het, was dit onmiddellik beskikbaar,” sê hy. “Ek het nou ’n tweede dis bestel omdat die een so lekker werk.”

Die skotteleg is perfek gebalanseer sodat dit nooit skeef trek of ongelyk werk nie. Haak hom maar net agter die trekker, lig sy wiele tot op die regte hoogte om die diepte na smaak en behoefte te beheer en trek los om ’n lieflike saadbed te vorm. Kerneels het ’n eg met 36 skottels en gebruik dit nou in sy tweede seisoen. Die eg bewerk so 1 300 hektaar per seisoen. “Of die reste op die land bewei word of nie, die Tatu doen die primêre bewerking en afhangende van die grondvog en tipe grond en tipe gewas, stuur ek hom een of twee keer deur, maar twee keer is die uitsondering.” Net voor planttyd sny ons die onkruid in sodat al die saad na die eerste reën kan ontkiem om dit dan skoon te maak vir plant,” sê Neels, Kerneels se seun.

Attie de Villiers is die man van Valtrac om jou meer te vertel oor die fris en gespierde Tatu-skotteleg. Kontak hom gerus by 083-261-9863, 056-817-7308 of attiedev@valtrac.co.za.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

LEMKEN bied tawwe oplossings

Voermaak is ‘n plesier met Rumax