in

Skei die koring van die kaf: Besluitneming in ‘n wêreld oorweldig deur data

Met soekenjins en toepassings aan hul vingerpunte, kan produsente maklik glo hulle het alles wat nodig is om ingeligte besluite te neem. Janet Lawless from InteliGro sien die saak anders.

Die noodsaaklikheid om data en waarnemings in die veld op te teken en toegang tot inligting te hê wanneer ‘n vraag ookal opduik, maak dat die modern produsent altyd ‘n tablet of slimfoon byderhand het. Hedendaagse boerdery draai om insigte en ingeligte besluitneming.

Alle data is egter nie ewe goed nie. Bloot omdat iets op die internet is en as ‘n Google soekresultaat verskyn, beteken nie noodwendig dit is akkuraat, aktueel en relevant op jou plaas nie. Daar is deesdae meer data as ooit tevore beskikbaar in die wêreld – ‘n werklikheid wat ongelukkig nie weerspieël word in die gehalte van besluitneming in alle sfere van die samelewing, landbou ingesluit, nie.

Die kennispoel het so diep en wyd geword dat meeste mense selde meer doen as rondplas in tweedehandse vlak water, naamlik inligting wat uitgekies, saamgestel en verpak is deur ‘n derdeparty wat meestal nie gekwalifiseerd is om wetenskaplike inligting in perspektief te stel nie. Mens kan maar net dink aan die mate waartoe Covid-waninligting ‘n pandemie opsigself was.

Waar laat hierdie stand van sake landbouprodusente?

Eerstens is dit noodsaaklik dat produsente terugstaan van die stortvloed van inligting en die bronne wat hulle raadpleeg en vertrou, in heroorweging neem. Wanneer mens sclerotinia opsoek, byvoorbeeld, gee Google 1,8 miljoen resultate binne sekondes – maar hoe relevant en op datum is die inligting?

Behalwe as jy bedrewe is in die kuns om die resultate vir relevansie te filter en weet hoe om akkuraatheid te verifieer, is jy niks nader aan die gewasbeskermingantwoord wat jy soek nie. En selfs al kry jy die antwoord, hoe integreer jy die beheer van een pes in die res van jou boerderyaktiwiteite in die konteks van oorhoofse gewasbeplanning, bestuur van insetkoste, vereistes vir omgewingsvolhoubaarheid en winsgewendheid?

Tweedens moet produsente moeite doen om verhoudings te bou met besigheidsadviseurs wat hulle vertrou. By InteliGro gee die vennootskappe en alliansies wat ons smee ons toegang tot ‘n ongeëwenaarde spektrum van tegnologie en kwaliteit produkte aan die een kant, en geverifieerde inligting aan die ander. Ons kombineer dié twee perspektiewe met ‘n begrip van die produsent se unieke omstandighede. Dit stel ons in staat om geloofwaardige, akkurate en relevante inligting waarop geïntegreerde gewasbestuurstrategieë geskoei kan word, aan te bied.

Wanneer ons sê alles begin op die plaas, verwys ons ook na die gebruik van inligting en data. Slegs wanneer spesifieke vereistes deel word van die besluitnemingvergelyking, kan relevansie gewaarborg word. Dit is dan ook waar InteliGro geposisioneer is. Ons Gesertifiseerde Gewas Adviseurs (Certified Crop Advisors (CCAs)) bou ‘n brug tussen die wêreld van inligting en ‘n spesifieke stel omstandighede op ‘n kliënt se plaas.

Neem byvoorbeeld die onderwerp van winterdekgewasse. ‘n Internetsoektog lewer bykans 9 000 resultate, maar die kanse is skraal dat selfs een van hulle sal verduidelik hoe om vogbestuur in te werk wanneer hierdie gewasse se opbrengs op belegging bereken word in terme van kilogram per vleis per hektaar geproduseer in die westelike produksiestreke van Suid-Afrika. InteliGro se CCAs het egter toegang tot die wetenskaplike navorsing wat hieroor gedoen is, en kan produsente dus rig in hul besluitneming.

Derdens sal produsente daarby baat om dié inligtingskanale te gebruik wat die meeste aanklank by hul omstandighede en voorkeure vind. Om weer die InteliGro voorbeeld te gebruik: alhoewel hulle sentraal tot ons aanbieding staan, is CCA’s nie produsente se enigste inligtingsroete nie. Ons bied gereeld inligtingsdae aan waartydens produsente direk met ‘n verskeidenheid tegnologie- en produkkundiges kan gesels, asook virtuele geleenthede om ons inligting so ver en wyd as moontlik beskikbaar te stel.

‘n Goeie voorbeeld van laasgenoemde is die jaarlike Rygewassimposium wat ‘n platform bied vir produsente en kundiges om hul menings, ervarings, uitdagings en oplossings met kykers te deel. Hierdie geverifieerde data bly beskikbaar vir langer in die vorm van verkorte video’s wat ons op ons verskillende sosiale mediaplatforms laai.

Ons beskou onafhanklike kundiges as deurslaggewend in die proses om produsente met kennis te bemagtig en daarom werk ons hard om verhoudings tussen die landboubedryf en die akademie te bou. Deur navorsingskapasiteit toe te spits op die uitdagings waarmee produsente worstel, kan ons daadwerklike vordering maak op die gebiede van volhoubare landbou en langtermyn voedselsekuriteit.

Produsente weet hoe om op die plaas die koring van die kaf te skei. Ten einde suksesvol en volhoubaar te wees in ‘n bedryf en mark wat al hoe vinniger verander, moet hulle dieselfde doen met die inligting en hulpbronne wat hulle kies om hulle besluite te rig.

Bron: InteliGro

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published.

Ashok Leyland verbreed en versterk teenwoordigheid in Suidelike Afrika

Bearings International trek aandag by NAMPO