in , , ,

Sien is glo … en Monsanto wys

This post is also available in: English

Kennis is een van die belangrikste dinge waarmee vandag se boer toegerus moet wees om winsgewend en volhoubaar te boer. Dis hoekom boere Monsanto se onlangse boeredag by Endicott so waardevol gevind het. Hulle kon kennis maak met nuwe, gespesialiseerde kultivars waarmee hulle suksesvol kan boer, en kundiges het ’n wavrag waardevolle kennis oor landboupraktyke met hulle gedeel.

Monsanto bied immers aan die boer een volledige vennootskap wat sy lewe heelwat makliker en sy boerdery heelwat lonender maak. Monsanto se internasionale kundigheid beteken dat ook Suid-Afrikaanse boere topgehalte saad kry, en die gebruik van biotegnologie lei tot uitstaande gewasbeskerming en oorvloediger oeste.

Die Monsanto-boer geniet ook die voordele van ’n reeks chemiese produkte wat onkruid deeglik op hulle herrie gee. Boonop staan Monsanto immer gereed om die boer die beste diens en die kundigste raad te gee, sodat ’n Monsanto-boer nooit die gevoel hoef te kry dat hy alleen staan nie.

Maar sien is glo. By Monsanto se proefperseel naby Endicott kon boere onlangs vir hulleself sien hoe Monsanto-kultivars die droogste seisoen in vyf jaar hanteer. Volgens Riaan Rossouw, landboukundige, het dit in Desember baie gereën by die proefperseel, maar Januarie was droog en in Februarie het net 5 m reën geval. Steeds het veral Monsanto se 71- en 74-reeks baie goed gevaar met prestasie van tot so 10 ton per hektaar.

Die mielies is op 20 November 2014 met ’n spesiale, akkurate proefplanter geplant, sodat Desember se reën in die blomstadium, toe die mielies dit die nodigste gehad het, geval het. Volgens Riaan is die meeste kultivars se dorstige blomstadium tussen sestig en tagtig dae na opkoms.

Op die land kon boere vir hulleself gaan kyk na proewe met verskillende onkruiddodertenkmengsels, die doeltreffendheid van verskillende saadbehandelings, strookproewe en standevaluasie van nuwe kultivars en blapsblokkies wat demonstreer presies wat die resultaat van sekere verkeerde landboupraktyke is.

Opwindende nuwe geelmieliekultivars wat boere kon bewonder, is die 71- en 74-reeks. DKC71-42 en sy boetie, DKC71-44B, wat stamboorders doeltreffend beheer, droog vinnig af, dra hulle koppe egalig laag, toon goeie siekteverdraagsaamheid, is meerkoppig (1,3 koppe per plant), het ’n goeie staanvermoë en goeie graangehalte. Hulle bereik 50% blom binne 62 tot 80 dae en is fisiologies ryp binne 120 tot 135 dae.

DKC74-26R en DKR74-BR is ook ’n nuwe stapelgeenbaster wat stamboorders doeltreffend beheer, met goeie graangehalte, goeie staanvermoë, sterk meerkoppigheid (1,5 koppe per plant), ’n hoë opbrengspotensiaal en geskik vir kuilvoer. Daar word aanbeveel teen ’n medium tot lae plantbevolking en met die rege Acceleronsaadbehandelings- pakket.

Hierdie nuwe kultivars vul die huidige staatmakers, soos die DKC73-reeks en DKC80-reeks, aan. Witmieliestaatmakers soos DKC79-BR, met sy meerkoppigheid van 2,4 (!) koppe per plant, hoë opbrengspotensiaal, vinnige afdroging, goeie siekteverdraagsaamheid, baie goeie graangehalte, goeie staanvermoë en baie goeie hitte- en droogteverdraagsaamheid, is ook onder boere se aandag gebring.

’n Ander witmieliegunsteling is DKC78-79BR, met sy sterk saailing en hoë groeikragtigheid, sy sterk meerkoppigheid (1,9 koppe per plant), hoë opbrengspotensiaal, vinnige afdroging en stabiele opbrengs in ’n verskeidenheid opbrengsvlakke en omgewings.

’n Interessante proef was die blapsblokke wat wys wat die resultaat van sekere verkeerde verbouingspraktyke is. Foute is doelbewus tydens aanplanting en bespuiting gemaak sodat boere kon sien wat die oorsaak is as daar sekere toestande op hulle lande teengekom word.
Van die foute wat gedemonstreer is, is kompaksie (plantjies sukkel om op te kom en deur te breek), te min ruimte tussen saad en kunsmis, te vlak of te diep plantwerk (te vlak = droog en te warm vir ontkieming; te diep = te nat en te koud sodat saad kan vrot), chemikalieë wat op die verkeerde tyd toegedien word, haasbekke en dubbelgeplante pitte wat gewoonlik die gevolg is van te vinnig plant sodat die plantereenhede bokspring en skud. Daar is ook gedemonstreer hoe die goeie grondkontak wat ’n gelykslepertjie (seed firmer) meebring, help om saad egalig te laat ontkiem sodat plantjies eenvormig opkom.

Lees die etiket!
Lonende, volhoubare graanproduksie sonder chemiese onkruidbeheer is nie meer moontlik nie, maar soos alle ander hulpmiddels, moet chemiese middels omsigtig en kundig gebruik word. Tom Steyn, Monsanto se chemiese bestuurder vir die Ooste, het boere gemaan om chemikalieë op die regte groeistadium toe te dien, om genoeg toe te dien sodat dit die onkruid benat maar nie afloop nie en om die regte druppelgrootte te gebruik. Daarvoor is dit natuurlik noodsaaklik om die aanwysings op die etiket getrou te volg. Tom het ook mengsels vir verskillende omstandighede en onkruidsoorte bespreek en voorbeelde op die proefperseel aangewys. Ongelukkig neem dit baie lank om mengsels te registreer, sê hy.

Vir meer inligting oor Monsanto se voortreflike saad en landbou-oplossings, praat met Magda du Toit by 082-388-0187, 011-790-8254 of magda.du.toit@monsanto.com.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Voermaak is ‘n plesier met Rumax

John Deere bemagtig landboukontrakteurs wat wil