in

Senter 360 maak besproeiing se pad oop in die Karoo

This post is also available in: English

“Spilpunte het vir ons ’n rewolusie in besproeiing gebring,” sê Johan Lategan van Aberdeen in die Karoo. Johan boer in die Kamdeboo-gedeelte van Aberdeen-distrik tussen die berge. Dit is nog steeds Karoo-weer, maar daar is ’n bietjie fonteinwater, boorgate en reënopvangdamme in die vallei. Hy sê met behulp van spilpunte kom hulle baie verder met hulle water.

Die Lategans het self ’n rewolusie veroorsaak toe Johan se pa, Kotie, in 1983 die eerste spilpunt in die kontrei opgerig het. Dit was die derde een in die hele Kaap!

Hy sê die mense was maar skepties, want al wat hulle tot in daardie stadium geken het, was vloedbesproeiing – op party plase was dit heel wetenskaplik gedoen, maar water is nog steeds op plekke met die graaf afgekeer. Kanale en keerwalle was oral om en op die lande.

“Nou, met die spilpunte, kan ons elke lappie plantbare grond behoorlik benut en dit is makliker om te bewerk en te plant, want daar is nie slote en walle waarvoor jy heeltyd moet koes nie,” vertel Johan.

Johan-hulle boer met Angorabokke, Merinoskape, volstruise, beeste en wild; en alles wat geplant word vind hulle pad deur die diere tot in die beursie. Hy sê hoe beter die mielies is wat hy kan stroop, die lusern wat hy kan sny en die gehalte van die weiding, hoe beter is die produk wat uiteindelik van die plaas af gaan.

Die vallei is smal en die lande is elk ongeveer 7,5 hektaar groot. Dit beteken dat die meeste van die ses spilpunte op die plaas twee-torings is.

Die ander voordeel van die spilpunte is dat hulle maar teen die skuinste kan loop, jy hoef nie grond uit te grou en lande gelyk te maak voor jy kan plant nie. Met drukreguleerders kry jy ewe veel water orals op die land. In elk geval is die vrugbare en plantbare bogrond maar net ’n dun lagie voor die klippe begin.

Die boere in die voortyd het die wêreld makgemaak deur letterlik die klippe met die hand uit te grawe, maar niemand daar gaan karring dieper as 300 mm nie, want dan begin die klip weer groei!

Waarom Senter 360?

Johan sê daar is nou deesdae baie spilpuntmaatskappye in die provinsie, maar min van hulle is bereid om die afstande af te lê om mense met klein landerye by te staan. Senter 360 is goed geposisioneer om ook die kleiner spilpunte te voorsien en Johan sê met ’n man soos Rudolph Boltman van Boltman Besproeiing in George, is diens geen probleem nie. “Hy is altyd hier as ’n mens hom nodig het.”

Dit is ook meer gerieflik om ’n Senter 360 op te rig, want die hele ontwerp is modulêr. Johan sê hy het al self met sy gewone 8-ton trok gery om by die fabriek in Klerksdorp spilpunte te gaan haal, want die pype is niks langer as 6,4 meter nie.

Die ander unieke eienskap van ’n Senter 360 se ontwerp, is dat ronde pyp gebruik word en nie hoekyster nie. Daarby is die wielbasis breër as dié van ander spilpunte. “Die wind stoot hier deur die vallei, maar hy kry nie vat aan die spilpunt se pype nie. ’n Senter 360 waai nie om nie!” sê Johan

Die feit dat dit ’n plaaslike stelsel is, is ook ’n groot voordeel. Dit is ontwerp vir Suid-Afrikaanse toestande en enigiets wat breek kan binne ’n redelike tyd reggemaak of vervang word. Daar hoef nie gewag te word vir onderdele van oorsee af nie.

Nie dat Johan se spilpunte sommer breek nie. Hy vertel dat hulle nou maklik vir ’n naweek kan weggaan. Die tydskakelaar sorg dat alles rustig voortgaan en die lusern, gras en mie-lies kry hulle water op hulle tyd. En natuurlik is arbeid geen probleem nie…

Nog iets wat Johan uitlig, is die goeie gehalte spesiale spilpuntbande wat Senter 360 gebruik. Hy sê: “Hier is nou al sewe jaar lank 26 spilpuntwiele wat op die plaas loop en ek het nog nie een pap wiel gehad nie!”

Geniet die voordeel van Senter 360 se uitstekende produkte en diens. Vir meer inligting oor die spilpunt wat die boer deur dik en dun dien, skakel Senter 360 by 018-469-1331, of stuur n e-pos na info@senter360.co.za. In die Suidoos-Kaap en Karoo staan Rudolph Boltman gereed by 083-635-9873.

Senter 360 is ook vir die voëls!
Senter 360 is ook vir die voëls!

Johan Lategan en sy plaasbestuurder, JC Koortzen, by een van die spilpunte wat hulle help om water te bespaar en goeie vleis, wol en sybokhaar te produseer.
Johan Lategan en sy plaasbestuurder, JC Koortzen, by een van die spilpunte wat hulle help om water te bespaar en goeie vleis, wol en sybokhaar te produseer.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Doen dit self: Boer bou beter planter

Beesbestuursprogram