in

Scania vat jou wiele plaas toe

Scania

This post is also available in: English

“Met Scania hoef ek nie, soos by ’n bank, nege opstelle te skryf om te verduidelik waarvoor ek ’n trok benodig wanneer ek aansoek doen om finansiering nie,” sê Paul de Wet van PEC Transport. “Hulle verstaan my onderneming en my behoeftes.” PEC Transport speel ’n reuse rol daarin om landbou se wiele te laat rol.

Daar is ’n goeie kans dat die trekker of werktuig wat jy beplan om by jou naaste handelaar te gaan koop, deur PEC Transport by die Durbanhawe ontvang is, in hulle aanleg in Pietermaritzburg aanmekaar gesit is en aangery is deur een van hulle 46 platbakvragmotors. Die onderneming, vroeër bekend as De Wet Vervoer, het begin toe Paul in Kroonstad geboer het en ’n TLB vir kontrakwerk uitverhuur het. Hy het ’n vragmotor nodig gehad om die TLB te vervoer.

Die eerste vragmotor was nie ’n Scania nie, maar toe Paul na ’n paar jaar se groei die aanleg in Pietermaritzburg oopgemaak het, was Scania die maatskappy wat hom vinnig en maklik kon bystaan om die nodige rygoed te bekom. Hy sê hy het gou agtergekom dat die Scania-trokke destyds met hulle gevorderde drukbuisinspuiting en hoëdrukdieselenjins ’n groot besparing in dieselverbruik teweeg gebring het en daarby was die naverkopediens so uitstekend dat hy besluit het om by Scania te bly.

Paul meen een van die grootste voordele van Scania-trokke is dat alles in ’n Scania Scania is. Die maatskappy vervaardig sy eie enjins, ratkaste en ewenaars. Alles pas perfek bymekaar en werk perfek saam, want dit word vanuit die staanspoor so ontwerp. Dit beteken beter prestasie en hoër betroubaarheid. Betroubaarheid is noodsaaklik in Paul se bedryf. “As ’n boer ’n trekker koop is dit omdat hy hom op die plaas nodig het en hy kan nie vir ewig staan en wag nie. Daarby vervoer ons duur vragte. Jy kan nie met ’n nege-miljoen-rand trekker aan boord êrens langs die pad loop staan nie; hulle sal vir hom kaal stroop,” sê Paul. Dit is ’n kuns om landboutoerusting te vervoer. Alles gaan oor afmetings, gewig en vragbeplanning om die duur masjiene veilig, maar ekonomies, by hulle bestemmings te bring.

Scania
Paul en Tia de Wet se verbintenis met Scania het in 2004 begin en hulle het nog nooit teruggekyk nie.

’n Kerndeel van die beplanning is die wete dat Scania landwyd ondersteuningsdienste aanbied en altyd blitsvinnig reageer. Paul sê al is ’n masjien hoe betroubaar, kan iets verkeerd gaan en dan moet jy die foon kan optel en weet die regte oplossing sal so vinnig as moontlik gevind word. “Ons het baie min staantyd met ons Scanias – hulle beweeg!” Dit is ook nie net die platbakvragmotors wat deel van die groot Scania-vloot op die plaas is nie: Een van Paul se seuns, PW, het begin om ook aflewerings met wipbakvragmotors te doen en daar is nou al twintig trokke betrokke by dié vertakking van die onderneming.

Die verkryging van dié vragmotors is ook makliker gemaak deur Scania se eie finansieringsafdeling. Omdat die trokke so aanhoudend werk, is hulle almal op een van Scania se uitstekende diensplanne. Vir die ander trokke, wat elk “net” so 15 000 km per maand aflê, is daar ’n voltydse Scania-tegnikus op die plaas, wat seker maak alles loop glad en word tydig versien. Nog ’n seun, Tiaan, is nie in die vervoerbedryf nie; hy is die boer op die plaas by Kestell, maar hy gebruik self ook vier Scanias vir die boerdery.

Een van die dae begin die voorbereidings vir NAMPO wanneer die vloot platbaktrokke vol blinknuwe toerusting die pad Bothaville toe aandurf. Die aanryery duur so ’n maand en PEC Transport se hele tegniese span skuif soontoe om seker te maak elke masjien word op die regte plek afgelaai en vertoon op sy beste. So, wanneer jy die perdekrag op NAMPO staan en bekyk, dink maar gerus ook aan die perdekrag (en mannekrag) wat die toerusting veilig daar besorg het!

Skakel Scania SA by 011-661-9600 of besoek www.scania.co.za om uit te vind watter oplossings daar vir jou vervoeruitdagings is. In die Vrystaat kan boere met Wynand van den Berg van diehooftak in Bloemfontein by 051-433-1218 praat.

Scania

Scania

Scania
Scania is ’n belangrike vennoot in die landboubedryf om te help sorg dat waardevolle werktuie veilig op die plaas aankom. Foto’s: PW de Wet

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

KUHN

Kom kyk by NAMPO: Valtrac maak die boer nog sterker

Rumax

Plaaslike produksie: Rumax gee jou waarde