in , ,

Scania bied die boer nommerpas vervoer

Scania bied ‘n trok vir elke behoefte en boere kan gerus ook navraag doen oor hulle seisoenale huurpakkette en getoetste gebruikte voertuie.

This post is also available in: English

“Ons renosters ry so lekker in die Scania dat hulle nie eers wil uitklim as ons anderkant stop nie,” sê Sebastian Steyn van Goliatskraal by Kroonstad. Hy is een van die vele boere wat die voordele van Scania se uitstekende dienslewering in Suidelike Afrika geniet.

Hy sê een van die redes waarom hulle op Scania besluit het, was as gevolg van die maatskappy se voetspoor in Namibië, waar hulle gereeld aflewerings moet gaan doen, sodat hulle oral verseker is van goeie diens. “Ons verkoop nie trokke en busse nie; ons bied vervoeroplossings aan ons kliënte,” sê Alexander Taftman, produk- en bemarkingsdirekteur, Scania SA. Dié Sweedse maatskappy is al van 1891 af in die vervoerbedryf en het hom in 1995 in ook Suid-Afrika gevestig.

Oor die afgelope twintig jaar het Scania se ekstraswaartrokke tot nommer 3 op die verkoopslysie in Suid-Afrika geklim. Dit is geen wonder wanneer daar gekyk word na die omvattende oplossingspakket wat Scania aanbied nie.

Alexander sê anders as ‘n motorkar wat eintlik net ‘n uitgawe is, moet ‘’n kommersiële voertuig as onmisbare deel van jou onderneming inkomste verdien. Scania verstaan dit en dit is waarom hulle soveel klem plaas op maksimum werktyd teen minimum koste.

Met ‘n motor of bakkie het ’n boer ook maar min keuses om die voertuig in te rig na smaak – jy kies ’n model en dit is dit. Met Scania se trokke vertel die boer waarvoor hy die vragmotor wil gebruik en dan ontvang hy uiteindelik ‘n pasmaakproduk vir sy behoeftes.

Scania kan ‘n voorhaker vir enige bestaande sleepwa voorsien, of hulle kan ‘n vastebak deur een van hulle gekose vennote laat opbou of ombou na behoefte. Bees- en skaaptralies, bakke met valkante en verkoelingsbakke is geen uitdaging nie.

Paul Uys van Scania in Bloemfontein vertel dat hulle onlangs vir ‘n wildboer ‘n platbak omgebou het met ‘n hyskraan sodat die boer maklik ‘n renosterkrat kan optel en stewig maak staan.

Hy sê hulle het ook ’n kliënt wat vir ‘n groot landboumaatskappy masjinerie aanry en hulle moes sorg dat die laaiwerk van die duur toerusting so gladweg as moontlik kan verloop.

Goliatskraal se renosters het so lekker in die Scania gery, hulle beskou die trok nou as deel van die familie!
Goliatskraal se renosters het so lekker in die Scania gery, hulle beskou die
trok nou as deel van die familie!

‘n Boer wat ‘n kontrak met Scania het, het ook net een rekeningnommer regdeur Suidelike Afrika. As sy vragmotor enige aandag nodig het in byvoorbeeld Botswana of Namibië, kan hy dus maar net die plaaslike manne kontak en hulle het reeds ‘n volledige rekord van hom en sy voertuie.

Scania verstaan ook dat landbou ‘n seisoenale bedryf is en dat ‘n boer moontlik nie regdeur die jaar ‘n vragmotor nodig het nie. Die maatskappy het sy eie uitverhuringsafdeling waar ‘n boer byvoorbeeld gedurende oes- of strooptyd die regte trok of voorhaker na sy behoefte kan huur.

Boere doen baie moeite om hulle mense op te lei om trekkers te bestuur en gevorderde toerusting te hanteer. Maar wat gebeur wanneer die vrug op vele maande se harde werk by die plaashek uitry? Scania het ‘n opleidingseenheid waar trokbestuurders geleer word om hulle trokke te verstaan, om verantwoordelik en ekonomies te bestuur en om noodsituasies goed te hanteer.

Alexander sê al die ekstras wat Scania bied, soos die dienspakket, finansiering, versekering en opleiding, kan in een pakket vir ‘n boer saamgestel word en uitgewerk word as vaste koste per maand of per kilometer. Vir die manne wat gereeld goedere aanry, maar dalk nie ‘n nuwe vragmotor kan bekostig nie, is daar ook ‘’n hele reeks gebruikte voertuie beskikbaar. Al die trokke wat Scania verkoop, is deeglik getoets en nagegaan vir betroubaarheid en voldoening aan al die wetlike vereistes.

Soos Alexander sê: “Ons ondersteun ons kliënt met dit wat ons goed doen, sodat hy kan voortgaan met dit wat hy goed doen.

Skakel Scania by 011-661-9600, of besoek www.scania.co.za om uit te vind waar jou naaste Scaniahandelaar is. In die Vrystaat is Wynand van den Berg gereed om te help by 051-433-1218

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Met Kubota bespaar jy tyd en geld

CLAAS: Toonbeeld van Duitse vakmanskap en uitnemendheid