in

Santam, in samewerking met Agri SA, gee hoop aan droogte-geteisterde Sutherland-gemeenskap

droogte

This post is also available in: English

Agri SA is innig dankbaar teenoor Santam vir hul R300 000-skenking aan die Agri SA Droogterampfonds.

Die voortslepende droogte in Sutherland in die Noord-Kaap het ‘n verwoestende afname in die skaapteeltbevolking tot gevolg gehad en het die dorp se ekonomie onder geweldige druk geplaas. In die lig hiervan, het Suid-Afrika se voorste versekeraar, Santam, R300 000 geskenk aan die Agri SA Droogterampfonds wat ten doel het om verligting aan boere, plaaswerkers en die Sutherland-gemeenskap te bring. 

Die gebrek aan goeie reëns in die streek sedert 2013 het veroorsaak dat boorgate op plase opdroog. Dit het ‘n nadelige impak op skaapproduksie – die ruggraat van dié afgeleë dorpie se ekonomie.

“Die Agri SA Droogterampfonds beoog om te verseker dat Suid-Afrikaanse boere met hulle boerderybedrywighede kan voortgaan en dat voedselsekerheid en werksgeleenthede beskerm word,” aldus John Lomberg, hoof van Belanghebbendesverhoudinge en Korporatiewe Sosiale Belegging by Santam.

“Ons ondersteun hierdie organisasie ten volle en moedig ander organisasies aan om ook hulp te verleen aan droogte-geteisterde boere.”

“Dit is verblydend dat Suid-Afrikaners en Suid-Afrikaanse maatskappye ons boere ondersteun gedurende hierdie moeilike tye,” sê Christo van der Rheede, Agri SA se adjunk uitvoerende direkteur. “Santam is reeds jare lank ‘n vennoot van Agri SA en ons is verheug dat hulle met hierdie skenking hulle hulp aan boere bied.”

Sedert sy ontstaan in 2015, kon die Agri SA Droogterampfonds reeds duisende kommersiële en opkomende boere en hulle gemeenskappe help. Skenkings wat in die verlede gemaak is sluit in veevoer, water, brandstof, vervoer en finansiële hulp. Verder is daar ook sedert 2015 meer as R18-miljoen ontvang om boere en hulle gemeenskappe te voorsien van dringende hulp.

In 2019 het die gemeenskappe van Tosca, Griekwastad, Mosselbaai, Kenhardt, Willowmore, Aberdeen, Paterson, Hoopstad, Fraserburg en Jansenville hulp ontvang.

Agri SA werk ook nou saam met Agri Noordwes, Gift of the Givers, Cairing Daisies, Save the Sheep Sutherland en verskeie boere-organisasies en mense om broodnodige hulp vir boer en hulle werkers te kry.

Bron: Agri SA

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Bokhaarmark veilingsverslag

Kontraskotteleg: Agrico se HSD werk vining en doeltreffend