in

SA moet hande vat teen rassiste soos Andile Mngxitama van BLF

Louis Meintjies gaan lȇ die klag by die polisie. Foto: Facebook

This post is also available in: English

Die opruiende haatspraak van Andile Mngxitama van Black First Land First (BLF)  op 8 Desember tydens ‘n saamtrek in Potchefstroom waar hy  sy volgelinge aanhits om blankes te vermoor moet in ‘n baie ernstige lig gesien word, het Louis Meintjes van TLU SA, gesê.

Suid-Afrika is tans in ‘n emosioneel onstabiele tydperk en kan sodanige uitsprake nie geduld word nie. TLU SA het ‘n klagte teen hom gelê en sal hierdie ‘n toets wees om te sien hoe daar teen hom opgetree gaan word. Daar word tans ‘n vlaag van plaasaanvalle en moorde ervaar  en sou hierdie optrede van Mngxitama gewis kon bydrae om die situasie te vererger. In vorige gevalle waar blankes slegs volgens die ervaring van swart mense neerhalende opmerkings gemaak het is daar baie streng teen hulle opgetree het Louis gesê.

Daar is geen wyse hoe daar gebou kan word vir ‘n toekoms solank mense soos Mngxitama vry rondloop en hierdie soort aanhitsing pleeg nie. Hy hoort in die tronk het Louis gesê.

ʼn Beroep word op die publiek gedoen om op die skakel te klik www.stopblf.com, hulle besonderhede in te vul, en sodoende ‘n geoutomatiseerde e-pos aan president Cyril Ramaphosa, minister van Polisie, nasionale kommissaris van Polisie en die Nasionale Vervolgingsgesag om onmiddellik teen BLF en sy leier Andile Mngxitama op te tree, te arresteer en die maksimum toelaatbare vonnis vir aanhitsing tot geweld en rassehaat op te lê.

Bron: TLU SA

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Kuhn

Valtrac se Kuhn-hoogloopspuit is die nuwe norm

Verbeter jou pekanneutoes met World Focus