in ,

Rumax-mengers trakteer vee om te presteer

Carlo Nortjé van Loxton se Rumaxkonsentraatmenger het sy lekrekening van R1,50 per ooi per dag na R1,15 per ooi per dag verminder. Dit is goeie besigheid in enige taal.

This post is also available in: English

Die goeie, gesonde ou spreekwoord van “Jy is wat jy eet” geld ook vir plaasdiere. Diere wat rantsoene eet wat met ՚n Rumax-voermenger gemeng is, is wins in die boer se sak.

Rumax se voer- en konsentraatmengers verdien op twee maniere wins vir die boer: besparing en doeltreffendheid.

Bespaar met Rumax

• Rumax word plaaslik vervaardig en die prys is dus nie, soos dié van ingevoerde werktuie, uitgelewer aan die swak rand en hoë invoerkoste nie.

• Rumax is gebou om te hou sodat alle onnodige herstel- en onderhoudskoste bespaar word.

• Rumax meng gou, deeglik en maklik sodat minder trekkerkrag vir ՚n korter tydperk benodig word om rantsoene te meng. Dit bespaar diesel en tyd.

• Rumax se deeglike vermenging sorg dat elke kriesel kos en voedingswaarde beland waar dit vir die boer wins verdien. Die uitskakeling van foute en vermorsing bespaar die boer heelwat geld.

Daarteenoor verdien Rumax vir die boer geld deurdat elke bekvol voer wat sy diere vreet alles bevat wat nodig is vir die beste moontlike groei en produksie.

Konsentraatmengers

Konsentrate is duur en kom in klein hoeveelhede. As dit nie deeglik gemeng word nie, kry een dier dalk met een hap al die konsentrate in wat vir al die diere bedoel was… en daar gaan die geld wat die boer in konsentrate belê het. Maar so is dit nie as jy ՚n Rumaxkonsentraatmenger gebruik nie – die kleinste hoeveelheid word homogeen in die volle rantsoen gemeng sodat elke dier presies kry wat hy nodig het om vir die boer wins te verdien.

Carlo Nortjé, ՚n skaapboer van Loxton, sê: ”Net in terme van tyd het ek in sewe maande reeds die helfte van die Rumax-konsentraatmenger se koste betaal. Daarby word die lek nou behoorlik gemeng, wat beteken die skape het minder volume nodig.”

Vroeër moes Carlo se werkers die lek met grawe meng en hy moes bystaan in die skuur om seker te maak dat dit deeglik vermeng is. Nou meng sy Rumax-konsentraatmenger ՚n ton lek in minder as 20 minute met ՚n deeglikheid waaroor hy vroeër maar net kon droom.

Carlo het uitgewerk dat hy in die eerste sewe maande nadat hy die Rumax-menger aangeskaf het, 22 dae van sy eie tyd bespaar het. Dit beteken dat hy, net ten opsigte van tydbesparing, sy lekrekening van R1,50 per ooi per dag na R1,15 verminder het en terselfdertyd produksie verhoog het. Dit is goeie besigheid in enige taal.

Carlo is ook beïndruk met die min trekkerkrag wat vereis word om die menger aan te dryf, wat ՚n verdere besparing meebring. Rumax maak ՚n reeks konsentraatmengers van 0,5, 1, 1,5 en 2 ton.

Twee mengwurms met 80 gehapte, getemperde kerflemme sorg dat die Rumax 7 jou diere se voer ordentlik kerf en meng.

Rumax-voermengers

Rumax se voermengers is ook in verskillende modelle beskikbaar om elke boerdery se behoefte te pas. Groottes sluit in 5, 7, 9 en 15 kubieke meter en een van die gewildste en bekostigbaarste modelle is die flukse Rumax 7.

Hierdie model het twee mengawegare in sy pens en hulle werk saam om tot ՚n ton voer op ՚n slag vinnig en deeglik te kerf en te meng. 80 gehapte lemme van temperstaal sorg dat die mengsiklus binne ՚n skamele vyf minute afgehandel word.

Die Rumax 7 kan met ՚n trekker aangedryf word en voer met ՚n hidrouliese kettingband of ՚n awegaar uitlaai, maar dit kan ook staties gebruik word saam met ՚n elektriese motor. Die skaal werk baie goed en sekuur.

Carlo verklaar: “Die Rumax 7 kom teen ՚n sakpasprys en ek het Rumax se vakmanskap goed bekyk – jy kan nie hulle masjiene breek nie. Daarby is Rumax se mense vriendelik en behulpsaam en hulle diens is uitstekend.”

As jy ook jou diere wil trakteer om te presteer, praat met Jaco Pieters van Rumax by 082-335-3970 of 023-342-6070, of e-pos jaco@rumax.co.za. Besoek ook www.rumax.co.za om na Rumax se hele reeks voortreflike werktuie te kyk. Besoek ons by NAMPO: Standplaas: E22 b

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 2

Upvotes: 1

Upvotes percentage: 50.000000%

Downvotes: 1

Downvotes percentage: 50.000000%

One Comment

  1. Hallo ek het nie n trekker om voer menger te trek nie en my krag kan nie meer as 6kw motor trek nie, wat sal jul aanbeveel en teen watter prys,
    My sel nom.
    +264 81 3012215

ProAgri NAMPO-kaart

SA Bank van Athene word Grobank