in , ,

Rumax: Belê in blou vir die toekoms

This post is also available in: English

Jou huis het van tyd tot tyd ‘n nuwe lagie verf nodig, jou bakkie nuwe bande en jyself ’n nuwe baadjie vir kerk. Net so kan jou pligsgetroue voermenger wat elke dag jaar na jaar hard werk om die boerdery aan die gang te hou seker ook vra vir ’n bietjie liefde.

“Die lekker ding van ’n plaaslike maatskappy soos Rumax is dat Jaco Pieters en sy span dit verstaan en bereid is om jou te help dat jou belegging nog jare kan hou,” vertel Wouter Rabie van Worcester.

Sy Rumax-menger is onlangs, na sewe harde jare, van kop tot tone, (of bak tot bodem) opgeknap en nuutgemaak. Wouter sê: “Hy lyk nou weer splinternuut en werk sommer weer lekker.”

Wouter vertel dat hy aanvanklik die Rumax gekies het omdat hy na ’n bekostigbare voermenger gesoek het wat oor ’n betroubare skaal beskik, sodat elke koei in sy Jersey-kudde elke dag die regte rantsoen in die regte verhouding kan kry.

“Selfs al verander my mengsel deur die seisoene, bly die verhoudings presies reg,” sê hy.

Rumax het ’n wye reeks oplossings, soos hierdie misstrooier wat met werpskywe kan werk of aangepas kan word met skroewe wat die mis netjies na die kante toe voer vir plasing in boord- en wingerdrye.
Rumax het ’n wye reeks oplossings, soos hierdie misstrooier wat met werpskywe kan werk of aangepas kan word met skroewe wat die mis netjies na die kante toe voer vir plasing in boord- en wingerdrye.

Die skaal waarsku die operateur met ’n luide gepiep wanneer daar byvoorbeeld genoeg konsentraat in verhouding tot die kuilvoer of ruvoer bygevoeg is. Word hy te swaar gelaai, sal hy nie begin meng nie.

En meng, meng hy deeglik. Heel bale word gou fyngekerf en ingemeng deur die horisontale spirale wat na mekaar toe draai. Nog ’n voordeel is dat die menger ’n magneetstelsel het wat verseker dat daar geen draad of klein metaaldeeltjies in die voer beland nie.

Die Rumax 9 sleep maklik tot waar die voer nodig is, selfs in modderige toestande, en die uitlaaiwerk is net so presies soos die kerf- en mengwerk. Die feit dat Rumax plaaslik ontwikkel en gebou word, beteken ook dat al die onderdele beskikbaar is of herstel kan word indien nodig. Daar is nie staantyd soos wat soms die geval met ingevoerde goed is nie, vertel Wouter.

Jy kan ook in Rumax se blou oplossings belê: Praat met Jaco Pieters by 082-335-3970 of 023-342-6070 of e-pos jaco@rumax.co.za. Besoek ook www.rumax.co.za.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Isuzu-trokke wys hulle staal by Gerotek

John Deere en Agrico werk eendragtig saam in die Suide