in , ,

Roer jou! Dis tyd vir HuntEX

Wildlife Ranching Huntex

HuntEx2017, die grootste kleinkaliber vuurwapen- en jagskou in Afrika vind van 28 April tot 1 Mei vir die sewende jaar by Gallagher Uitstalsentrum in Midrand plaas. Met ongeveer 39 000 besoekers en 396 uitstallers in 2016, is Huntex nou die derde grootste verbruikerskou in die land. Slegs Nampo en Decorex oorskry tans dié syfers.

Die HuntEx-span werk onverpoosd om elke jaar ‘n beter skou vir uitstallers en verbruikers te bied. HuntEx2017 sal nie teleurstel nie. Heelwat nuwe uitstallers waaronder ‘n nuwe rekord van veertig plaaslike en buitelandse vuurwapenhandelaars stal vanjaar uit. Vir besoekers is daar meer om te sien en groter pryse te wen in die daaglikse lotery wat elke dag vanaf 29 April tot 1 Mei drie spoggerige vuurwapens weggee.

Stevens Precision Rifles (SPR) stal Ballistix, die eg-Suid-Afrikaans-vervaardigde koper-monolitiese ammunisie bekend. SPR se klankdempers, wat ‘n gevestigde reputasie het onder gereelde kliënte, is vanjaar by HuntEx te koop. Haelgeweerliefhebbers kan gerus die Fair haelgeweer wat in Gardone Val Trompia, Italië vervaardig word, by SPR se uitstalling van nader bekyk.

Mustang-geesdriftiges kan nader staan wanneer Action Ford die super Mustang se paar duisend perde vrye teuels gee in Saal 3. Ander meer bekostigbare Mustang-items sal te koop wees.

Mia Caccia vir vrouejagters en -skuts (Saal 2): HuntEx2016 het noemenswaardige groei (van 18% tot 35%) in vrouebesoekers getoon teenoor vorige jare. Die organiseerders borg ‘n spesiale uitstalling, Mia Caccia, waar ervare vrouejagters besoekers raad gee oor waar en hoe om die jagbedryf te betree.

Goedkoper aanlynkaartjies: Aanlynkaartjies teen R110 elk is goedkoper as om kaartjies by die hek te koop teen R120 elk. Daar is ook kaartjies beskikbaar vir mense wat meer as een dag wil bywoon. Besoekers wat kaartjies aanlyn koop, kan ‘n verkoelingsleepwa ter waarde van R100 000 wen.

Gasvryheidspakette: Ondernemings wat kliënte wil onthaal kan ʼn gasvryheidspakket koop vir tien of meer mense wat ʼn private ontbyt, verversings of middagete by die Gallagher Grill of in ‘n ander konferensie-lokaal insluit. ʼn Groep van vyf vriende of familielede wat saam reis kry afslag op toegangskaartjies en gratis parkering in vir een voertuig (minibus) by Saal 1 wat direkte toegang tot HuntEx bied. Koop die pakkette by www.huntex.net

HuntEx Toep: HuntEx stel vanjaar ‘n Toep (beskikbaar by Play Store) bekend wat inligting oor uitstallers en produkte op jou vingerpunte verskaf. HuntEx is die eerste ekspo in Suid-Afrika wat hierdie tegnologie gebruik.

What do you think?

2 points
Upvote Downvote

Total votes: 2

Upvotes: 2

Upvotes percentage: 100.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published.

brandstof

Brandstofprysstygings in Mei verwag

Dom Boer se lag vir die dag: