in , ,

Reuse werk moontlik met LEMKEN se 12-meter Gigant

This post is also available in: English

LEMKEN het onlangs by Bapsfontein oos van Pretoria sy nuwe reus in die stal bekend gestel. Die Gigant 12 is ‘n draer waaraan sekere van LEMKEN se ander toerusting gehaak kan word vir nog wyer bewerkings.

Soos sy naam aandui, is die draerbalk 12 meter wyd. Dit beteken dat twee sesmeter Rubins byvoorbeeld langs mekaar deur die land kan draf en op sy beurt beteken dit dat 96 van LEMKEN se stewige skottels op een slag deur die land sny.

Die 12-meter Gigant sluit by die Gigant 10 aan wat reeds sy merk in Suid-Afrika gemaak het. Lees hier meer daaroor.  

Die draers het elk twee hidrouliese drie-puntstelsels en kan toerusting soos die Rubin, Heliodor en Smaragd hanteer. Die toerusting kan ook op hulle eie regstreeks aan ‘n trekker koppel.

Een van die voordele van die Gigant-stelsel is dat die bewerkte area geen wielspore het nie, omdat die draer se wiele voor die toerusting loop.


Die Gigants vou albei op met toerusting en al vir padvervoer of rywerk tussen die lande.

Vir meer inligting kontak Blackie Swart by 082-404-9651 of Karel Munnik by 082-412-2577.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Kubota verryk Ritchie Farm Equipment se kliënte

LEMKEN bied tawwe oplossings