This post is also available in: English
Elke boer se plaas het sy eie, unieke uitdagings. Party mense sou liewer moed opgegee het, maar geen uitdaging is te groot vir Reinke nie. Hulle glo dat enigiets moontlik is met die regte, haarfyn beplanning. Dit is vir seker die geval by Kembali Sugar se Fourpathsplaas buite Gingindlovu in KwaZulu-Natal.
Hierdie plaas se heuwelagtige terrain sou meeste mense teen besproeiing laat besluit het, maar die plaasbestuurders, Garry Moody en Bobby Hall, het koppe bymekaargesit met Reinke se span, Ralph Klingenberg en Jaco Scheepers, om ’n indrukwekkende oplossing te vind.
“Reinke is die enigste spilpunte wat sterk genoeg is om oor hierdie heuwels te werk. Die gehalte van die pype en die ontwerp van die laste laat Reinke toe om hier te werk,” sê Garry.
Een van die uitdagings wat die ongelyke grondoppervlak aan die spilpunte stel, is dat een deel van die spilpunt teen die volgende heuwel moet uitklim terwyl die ander punt nog van die vorige een af kom.
Om die spilpunte se werk te vergemaklik, het Garry-hulle al 126 bruggies gebou vir die wiele om oor die diep slote te kan loop. Daar is altesaam ses spilpunte, wat sowat 250 hektaar suikerriet besproei, op die plaas. Hulle beplan om in die nabye toekoms nog drie kleiner modelle aan te skaf.
Omdat die suikerriet tot 5,5 meter hoog groei, is al die spilpunte op hierdie plaas ses meter hoog. Van die spilpunte se sprinkelaars is bokant die hoofraam aangebring om bo die suikerriet uit te staan. ’n Mens kan dan ook makliker sien of een verstop is.
Daar is reeds ’n dam wat die plaas van water voorsien, maar hulle bou nou nog een. Hierdie dam sal ’n kapasiteit van 44 000 m3 hê nadat dit voltooi is.

Reinke-besproeiingstelsel
Die elektroniese beheerstelsels wat die ses spilpunte beheer, wissel tussen die Advanced- en Advanced Plus-modelle. Al die beheerkaste, ongeag van die model, word deur middel van ReinCloud vanaf Garry se slimfoon beheer.
Die stelsel kry water vanaf die damme op die plaas. Garry kan van enige plek af spilpunte aan- of afskakel solank hy sy foon by hom het. Met die ReinCloud beheer hy die watertoediening van die spilpunte. Elke spilpunt kan in agt verskillende dele gedeel word en in elk van hierdie agt dele kan verskillende hoeveelhede water toegedien word.
Om te verhoed dat die water by die laagste punt van die land opdam, word die spilpunt so gestel dat daar minder water daar toegedien word en meer water op die hoogliggende dele. Kembali Sugar het die vereiste aan Reinke gestel dat hulle nie spilpunte met die gewone rubberwiele kan gebruik nie, daarom het Reinke hierdie spilpunte met staalwiele toegerus, wat hulle die nodige vastrap gee om teen die steil bulte uit te klim.

Die hele uitleg is haarfyn beplan. Die spilpunte is so presies uitgemeet dat die kanonspuite aan die oorhangpunte outomaties op die regte plekke afskakel om nie die paaie of geboue nat te spuit nie. Sodra die spilpunt verby die plek beweeg het, skakel die kanonspuite outomaties weer aan.
“Hierdie spilpunt mis ons kantoor met drie meter aan die bokant van die land, en loop op die damwal aan die onderpunt,” verduidelik Garry terwyl ons by een van die ses spilpunte staan.
Drie jaar gelede het Kembali hierdie spesifieke plaas aangeskaf om die boerdery uit te brei. Hulle het ook in 2017 die hele plaas se suikerriet oorgeplant. Bobby Hall verduidelik dat suikerriet oor die algemeen na tien snysels herplant moet word. Met die nuwe suikerriet wat slegs drie jaar oud is en die besproeiingstelsel op die plaas oes hulle ’n gemiddeld van 90 ton per hektaar. Party dele van die plaas lewer tot 115 ton per hektaar.

Soos al die ander Reinke-kliënte met wie ProAgri al gepraat het, is Garry en Bobby uiters in hulle skik met die naverkopediens. Garry en Bobby bieg dat hulle al by twee geleenthede die Reinke-span se blitsige optrede getoets het. “Een van die torings het aan ’n boom gehaak lewer hulle dit gewoonlik binne 24 uur af,” voeg Garry by.
Reinke se omvattende diens aan die boer word uitstekend op hierdie plaas ten toon gestel. Hulle was nie net verantwoordelik vir die oprigting nie, maar ook vir die beplanning en die uitleg van die verskillende spilpunte en ’n ander een het tydens goeie reëns teen die damwal afgegly.” Dit het minder as ’n week geneem vir die Reinke-span om die spilpunte uitmekaar te haal, te herstel en weer op te rig.
“As ons net iets klein nodig het, op die plaas. Die stelsel se ontwerp en selfs die beplanning vir die nuwe dam is alles deur Reinke se skeppende span behartig. Wanneer dit saam met die uitstekende naverkopediens in ag geneem word, is dit duidelik dat dié Amerikaanse maatskappy in Afrika is om te bly.

Vir enige navrae kan Patrick Ellis, direkteur van Reinke Suid-Afrika, gekontak word by 031-350-4525 of stuur ’n e-pos aan patrickellis@reinke.com.