in ,

Reinke-besproeiing maak die onmoontlike moontlik

Dries Venter se Rhodes-gras steek hul vingers uit die grond onder sy voortreflike Reinke-spilpunt.

AgriTurf se wêreld draai om die behoefte om die boer te help wat in ՚n dorre woestyn ՚n oase vir sy gewasse of weiding moet maak. Daarom streef hulle daarna om ՚n merkbare verskil te maak in elke plaas se waterbestuur.

Dit is presies wat hulle kon doen vir die boer, Dries Venter, van Tzaus Bonsmarastoet. Sy stoetery is ongeveer 50 kilometer noord van die Outjo-gebied in Namibië. Hy boer daar sedert 1980 en moes aanvanklik alles leen wat hy nodig sou kry — insluitende kapitaal.

Die paaiemente op sy lening by die bank het R5 000 per maand beloop oor ՚n tydperk van vyf jaar, en sy borg was 200 verse. “Dit is hoe ek begin het,” vertel Dries. “Vir twee jaar het ek net pap geëet sodat ek my plaas kon opbou.” Vir hom was dit die moeite werd omdat hy reeds van kindsbeen af wou boer.

In 1981 het Dries met Bonsmarabeeste begin boer. “Nadat ek my opleiding in landbou voltooi het, het ek verskeie beesrasse begin navors. My voorkeur was die Bonsmara-ras, maar ek het ook baie respek vir die Afrikaner-beeste,” verduidelik hy. Bonsmaras was egter die enigste ras wat wetenskaplik ontwikkel is en prestasietoetse ondergaan het. Dries het aanklank gevind by professor Bonsma se beleid om prestasietoetse op sy beeste uit te voer en nie net na koppe en horings te kyk nie.

Vir agt van die afgelope tien jaar het Dries se plaas ՚n droogte beleef. Dit het hom gedwing om amper al sy wins van beeste verkoop in voer in te stoot. Om geld te bespaar het hy besluit om sy eie voer te begin maak.

Sy buurman het hom genooi om na ՚n vriend se plaas te gaan. Daar het hy ՚n LEPA-besproeiingstelsel gesien wat deur AgriTurf opgerig was. Die vriend het gedemonstreer hoe hulle ՚n sproeier aan ՚n watertenk gekoppel het om regstreeks daaruit te besproei. Dit was die finale oortuiging om sy eie voer te plant. “Ek was verstom deur die reuse druppels wat teen lae druk op so ‘n groot oppervlakte gespuit is,” sê hy.

“Toe ek die spilpunt wou oprig, het ek besef my land was toe onder klippe,” onthou hy. “Ek het ՚n padskraper gebruik en drie jaar lank klippe uit die lande gery. Dit was tussen 2 500 en 3 700 ton klippe.

“Besoekers op my plaas het gedink ek is van my kop af! Maar ek het reeds begin en ek kon nie ophou nie,”

lag hy.

Reinke gebruik ligter, dog sterker staal vir hulle spilpunte. Dit beteken dat dit minder krag gebruik — ՚n feit wat deur Dries se eie navorsing bevestig is. Hy was beïndruk met Reinke se doeltreffende waterbesparing en doeltreffende elektrisiteitsverbruik omdat hy ՚n beperkte kragbegroting het en nie sy water wil opgebruik nie. “Reinke is ՚n meer bekostigbare spilpunt wat minder water en krag gebruik. Dit is baie belangrik vir my,” sê hy.

Dries het enkelfase kragtoevoer op sy plaas en AgriTurf het dié probleem help oorkom. “Hulle het al die nodige toerusting vir enkelfase kragtoevoer aan my voorsien, asook sonpanele om daarmee saam te gebruik sodat ek nie driefase nodig het nie,” brei hy uit.

Tussen Februarie en Maart van 2021 was dit moeilik om die spilpunt tydens die reënseisoen op te rig. “Ek was ook nog besig om die laaste klippe uit te ry en ek kon eers die eerste hawer in Augustus plant,” sê hy. Na die oes van die eerste gewasse, het hy die land omgeploeg en voorberei vir Rhodes-gras.

՚n Vreugde om te aanskou: Dries se kleinseun, Hein Venter, speel in die Rhodes-gras onder die spilpunt.

“Ons plant nou Rhodes-gras omdat dit meerjarig is met ՚n leeftyd van ongeveer vier jaar. Daarna sal ek besluit of ek weer gras gaan plant of ՚n ander gewas,” verduidelik hy. Met die aanplant van die hawer het die grondtekstuur en -struktuur verbeter ten spyte van die bestaande suur grond en grondwater.

Die Reinke-spilpunt werk perfek op sy plaas. Hy is ten volle tevrede met die produk en diens wat hy ontvang het. “AgriTurf se kliëntediens is uitmuntend. Ek weet indien ek ՚n probleem ervaar, kan ek net bel en hulle sal my kom help. Ek is ՚n groot verteenwoordiger van Reinke in my gebied,” sluit hy af.

Vir meer inligting oor hoe AgriTurf in jou spilpunt-behoeftes in Namibië kan voorsien, kontak hulle by sales@agriturf.com.na of (+264)83-330-8380. Besoek ook gerus hulle webtuiste https://www.agriturfnamibia.com/. Indien jy belangstel in ՚n Reinke-spilpunt, skakel Patrick Ellis by +27(0)31-350-4525, of stuur ՚n e-pos na patrickellis@reinke.com. Besoek die Reinke-webtuiste by www.reinke.com vir meer inligting.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published.

Yamaha inverter-equipped generators are silent yet powerful

Dream sustainably with Agrico