in

Regering breek stilswye oor Mngxitama

This post is also available in: English

Die president van TLU SA, Louis Meintjes het sy dank uitgespreek dat die regering ook die stilswye gebreek het oor die gewraakte optrede van Andile Mngxitama waar hy in die uiterste vorm homself skuldig gemaak het aan aanhitsing tot moord en rassisme.

Daar is reeds meer as 29 000 skrywes vanuit die petisie wat TLU SA geloods het aan Mnr Ramaphosa, die Nasionale Vervolgingsgesag, die minister en Kommissaris van SAPD gestuur waar wetsgehoorsame burgers van die land  ernstige vertoë rig dat daar teen Andile Mngxitama opgetree moet word. 

Mnr Ramaphosa se opmerking dat hy geïsoleer moet word spreek boekdele. Die vraag is net vir hoe lank moet hy geïsoleer word, het mnr Meintjes gevra. Die regsproses moet sy gang gaan en TLU SA sal alles in die stryd werp om toe te sien dat geregtigheid sal geskied.

Bron: TLU SA

What do you think?

1 point
Upvote Downvote

Total votes: 1

Upvotes: 1

Upvotes percentage: 100.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

One Comment

  1. What about his interview afterwards that he said no one is going to stop him and again said one settler,one bullet?And again instigate violence, again famer killings, not coincidence!

Trompsburg se boere oorweldig oor oop harte ná brande

Dom Boer se lag vir die dag: