in ,

Pynappels presteer onder Agrico se spilpunte

Agrico se spilpunte loop skouer aan skouer op Norsa, een van die bekende Rhodes-inmaakfabriek se pynappelplase in Swaziland.

This post is also available in: English

‘n Projek buite jou tuisland is maar altyd ‘n waagstuk, maar Agrico is tans besig om ‘n slag op ‘n pynappelplaas in Swaziland te slaan.

Die Rhodes-groep, wat bekend is vir hulle inmaakfabrieke, het verlede jaar die Norsa-plaas naby Siphofaneni begin huur om pynappels aan te plant. “Agrico het reeds spilpunte op die plaas gehad vir ‘n vorige suikerrietprojek en dit is hoe ons hulle leer ken het,” sê Genesi Langwenya, die Rhodes-groep se hoofbestuurder vir pynappelplase.

“Ons het besluit om met Agrico se dienste voort te gaan. In Julie verlede jaar het ons begin pynappels aanplant en Agrico het nog spilpunte opgerig soos die plaas uitgebrei het. Daar is reeds veertien spilpunte aan die werk en vier is in die afrondingsfase, maar daar is nog heelwat ontbossing aan die gang vir pynappellande wat nog spilpunte gaan nodig hê,” sê hy.

“Die rede hoekom ons die spilpuntroete verkies, is omdat dit baie meer doeltreffend as kanonspuite is. Spilpunte verg veel minder arbeid as kanonspuite en spilpunte benut ook water meer doeltreffend. Voorts is die plaas is baie heuwelagtig en Agrico se spilpunte stuit nie vir skuinstes nie,” sê Genesi.

Alhoewel die Usuturivier langs die plaas verbyvloei, het hulle beperkte watertoekennings, maar met Agrico se spilpunte sal hulle gemaklik binne hulle kwota bly. Pynappels benodig nie te veel water nie (70 tot 80 mm/maand), maar dit is baie belangrik dat die water gereeld en gelykmatig (uniform) toegedien word. Hier presteer spilpunte beter as enige ander besproeiingstelsel. Die toedienings kan maklik gevarieer word volgens die gewas se behoeftes en die uniformiteitskoëffisiënt bly altyd baie hoog.

Agrico het ook die pompstasies in die rivier en by die opgaardam wat die water na elke spilpunt kanaliseer, vergroot. Hulle het ook die moeder- en toevoerlyne na elke spilpunt gelê.

Mduduzi Sibandze is die plaas se operasionele bestuurder en hy gebruik Agrico se modernste data-webbeheerstelsel om met die spilpunte te kommunikeer. Hy kan vanaf sy selfoon die spilpunte aanskakel en stop, die spoed aanpas en die watertoediening reguleer. Hierdie stelsel het hulle al baie water bespaar.

Jerrad van Staden, oprigtingsvakleerling by Agrico; Mduduzi Sibandze, Rhodes-groep se plaas-operasionele bestuurder; Jan van Staden, oprigtingskontrakteur; Sicelo Sibandze, Rhodes-groep se landevoorbereidingskontroleerder; Morne Maas, Agrico se projekbestuurder en Genesi Langwenya, Rhodes-groep se hoofbestuurder vir die pynappelplase, sien uit na nog ‘n lang en vrugtevolle samewerkingskontrak.

Akkurate skedulering

Vir akkurate besproeiingskedulering het hulle nou onlangs grondvogmeters onder elke spilpunt aangebring. Dit is integreerbaar met die webbeheerstelsel sodat die pynappelplante se dors presies volgens behoefte geles word.

Alhoewel die rivier se water skoon genoeg is vir spilpuntbesproeiing sonder filtrasie, kom daar so nou en dan blokkasies in die sproeikoppe voor, maar dit word maklik oop- en toegeskroef om skoongemaak te word.  Met mikro- of drupbesproeiing sou behoorlike filtrasie nodig gewees het wat die nadele van drukverliese, gereëlde terugspoeling met waterverlies en verhoogde verstoppingsgevaar meebring.

Agrico se hoëprofielspilpunte word gebruik.  Indien die planne later verander, kan daar maklik oorgeskakel word na ‘n ander gewas wat hoog groei, soos suikerriet.

Volgens Genesi is Agrico se diens voortreflik: “Wanneer jy ‘n nuwe projek aanpak, sal daar maar altyd tandekryprobleme wees, maar met Agrico kan mens altyd om ‘n tafel gaan sit en sake uitpraat. Ons kan saam beplan vir die toekoms. Dit is hoekom ons baie tevrede met hulle kundigheid, diens en ondersteuning is,” sê hy.

Agrico staan gereed om ‘n boer te help. Skakel Alfred Andrag by 082-824-1214 of 021-950-4111 of e-pos Alfred.andrag@agrico.co.za vir meer inligting.

Mduduzi Sibandze, die Rhodes-groep se plaas-operasionele bestuurder, wys hoe hy met die grootste gemak die spilpunte vanaf sy selfoon beheer.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Veeboere: Kanna bespaar tyd, geld en arbeid

ProAgri 223