in

ProAgri SA 268

Seisoene van transformasie

Wat ‘n ongelooflike voorreg om hierdie spesiale nuwe pad amptelik in Junie te begin loop. Simbolies verteenwoordig Junie ‘n seisoen van transformasie. Die winter is hier, die Kaap het reën gebring vir planttyd en ryp is besig om ons somergewasse te help afdroog sodat die oes ingesamel kan word.

Soos wat die landboubedryf en die natuur deur nuwe seisoene van transformasie gaan, so gaan ProAgri ook deur seisoene van transformasie. Annemarie Bremner, die geesdrigtige en bekwame redaktrise, wat al ‘n lang pad saam met ProAgri asook die lesers en gemeenskap van ProAgri stap, tree uit die redaktrisestoel om saam met haar man hulle akwaponiese boerdery voltyds te bedryf. Annemarie sal steeds betrokke bly as sub-redaktrise en spesialisskryfster.

Dit is ‘n wonderlike voorreg en eer om die leisels te kan oorneem by haar. Ek weet ek het groot skoene om vol te staan, maar ek en die res van die produksiespan belowe dat ons op die nalatenskap wat gelos is, sal voortbou.

Ons vellies trap NAMPO 2022 behoorlik plat!

Met die aanloop tot NAMPO-oesdag was daar groot opwinding, deursettingsvermoë en beplanning gewees. Na ‘n afwesigheid van twee jaar van die internasionale landboukalender het NAMPO-oesdag, die grootste landbouskou in die Suidelike Halfrond, inderdaad ‘n geweldige terugkeer gemaak.

Vandeesmaand het ons ‘n propvol uitgawe van al die NAMPO-nuus oor tegnologie, en kennis wat die nuwe seisoen vir jou makliker kan maak. Welgedaan NAMPO. Boere en almal in die bedryf juig saam met julle oor die sukses van NAMPO 2022.

Ons is ook baie opgewonde om ons nuwe webblad, ProagriMedia (https://www.proagrimedia.com/) aan julle bekend te stel. Gaan lees en kyk gerus na ons jongste video’s en kontak ons vir enige videoproduksies.

Ek hoor graag van julle: Skryf vir my, kontak my, maak ’n afspraak of nooi my om julle te besoek.

Lekker lees tot volgende keer.

Bianca Henning
bianca@proagri.co.za

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published.

Yara: Markleier in plantvoedingsprodukte

Knikker mieliepeste uit – Pannar® loods ‘n nuwe insekbeheeroplossing: POWERCORE