in

ProAgri SA 257

This post is also available in: English

‘n Boer maak ‘n plan. Hierdie welbekende waarheid is die afgelope tyd weer bewys. Waar baie ander bedrywe in duie gestort het, het die landboubedryf steeds vorentoe bly beur. Die grootste rede hiervoor is dat alle mense moet eet; ongeag van ekonomiese welstand, persoonlike omstandighede, gesondheid, ras, kultuur of politieke oortuiging.

Elke dag staan die boer douvoordag op. Hy sorg dat sy werkers salarisse kry sodat hulle kinders ‘n skool kan bywoon. Hy sorg dat sy plaas se bedrywighede glad verloop sodat daar vragte graan, groente, vleis, melk, vrugte, wol, en ander produkte na die mark vervoer kan word. Hy doen dit dag na dag ten spyte van koue, siekte, inperkings, beurtkrag, plaasveiligheid en enige ander uitdaging wat hom daagliks in die gesig staar.

Die voedsel en ander verbruikersgoedere kom nie van kettingwinkels se rakke af soos baie mense skynbaar glo nie. Dit kom van die boer af.

As gevolg van hierdie deursettingsvermoë was landbou die enigste bedryf wat tydens 2020 beduidende groei getoon het. Indien daar enigiets positief van die pandemie gesê kan word, is dit dat die belangrikheid van landbou in ‘n land se ekonomie weer eens beklemtoon is.

Die boer se werk is ook nooit klaar nie. Daar is altyd nog iets wat gedoen moet word. Daarom hou die maatskappye wat dienste aan boere verskaf ook nooit op werk nie. Goeie dienslewering word keer op keer bewys as die belangrikste deel van enige onderneming se sakeplan. By elke boer waarmee ProAgri onderhoude voer word dit oor en oor bevestig.

Lees die jongste ProAgri-uitgawe op ons webblad www.proagri.co.za. Op soek na ‘n nuwe of tweedehandse trekker? Gaan kyk op www.agri4all.com vir die grootste verskeidenheid nuwe en gebruikte landboutoerusting in Afrika.

ProAgri – Groete

Jaco Cilliers

jaco@proagri.co.za

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

JDLink™ doen die skakelwerk vir jou – gratis

Vrystaatse Genetiese Ile De France-Groep se eerste aanlyn veiling ‘n reuse sukses!