in

ProAgri 262

Geseënde feesseisoen

2021 moes die jaar gewees het waarin die wêreld weer sy voete kon vind na die groot pandemie-inperkings van 2020. Vir baie bedrywe het die jaar egter net nog groter uitdagings ingehou en die skerwe wat opgetel word is nie genoeg om die ekonomie weer aanmekaar te lap nie.

Gelukkig was landbou weer die een bedryf wat kon voortgaan, want kos moet daar wees. Boere leef egter nie in isolasie nie en die pyne word nou gevoel in die geweldige styging in insetkoste. Brandstofkostes is deur die dak, rentekoerse styg, arbeidskoste styg, kunsmis en ander chemikalieë raak onbekostigbaar en as ՚n mens gelukkig genoeg is om ՚n stukkie staal vir ՚n bouprojekkie te bekom, dan kos dit meer as wat die hele skuur ՚n paar jaar gelede gekos het!

Mieliepryse na die goeie reën, groentepryse en vleispryse loop egter nie dieselfde paadjie nie. Alles kos meer, maar kos mag nie meer kos nie. Die keuses op die tafel is om groter te boer vir ekonomie van skaal, om meer natuurlik te boer vir minder insette wat aangekoop moet word, of om dalk meer intensief te boer met meer hoër-waarde produkte sodat jy jou inkomste per vierkante meter in plaas van per hektaar kan begin meet.

Ons vertrou hierdie tyd van die jaar wat voorlê gee jou kans om rustig oor
die pad vorentoe te besin en blaai gerus ook maar deur vanjaar se ProAgri’s wat in die huis rondlê of sommer aanlyn op www.proagri.co.za.

Daar is baie blink idees van verskaffers om meer presies, meer akkuraat, meer produktief en meer winsgewend te boer. Met die nuwe tegnologie wat
beskikbaar is raak die raaiwerk minder en die bestuur makliker.

Die ProAgri-span wens jou en jou familie ՚n geseënde en veilige Kersfees
toe en ՚n spesiale woord aan die droogteboere in die Noord- en Oos-Kaap – mag die uitkoms naby wees. Lees lekker en praat gerus met ons op die sosiale media, telefonies of per e-pos. Almal se kontakbesonderhede
staan hier langsaan. Ons wil graag weet waarvan jy meer wil weet.

2022 wag vir ons!

Redaksiegroete van die ProAgri-span

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published.

Stygende werkloosheid erodeer ons mense se waardigheid

‘n La Nina-stelsel is gevestig