in ,

ProAgri 229

This post is also available in: English

Mieliepitte soeter as lekkers, spieëlblink eiervrugte, kanariegeel spanspekke, rooi geringde uie, mielies met drie koppe elk op presies dieselfde hoogte en sonneblomme wat grootbek lag… Die kultivardae van saadmaatskappye hierdie tyd van die jaar bly een van my hoogtepunte op die landboukalender.

Een van die produkspesialiste kla bietjie by my dat die wortels op die proefplaas gelyk geplant is en ewe veel water gekry het en nou is almal nie op dieselfde tyd presies reg soos hulle moet wees nie, en die sprietuie is al twee weke oor hulle tyd. Ek verwonder my net daaraan dat hulle dit regkry om al die verskillende groentesoorte met hulle verskillende groeiwyses en tye gelyk op een plek te vertoon. Baie sorg gaan in die ontwikkeling van kultivars om boere ՚n wenkans teen die elemente te bied en die aankopers en huisvroue se oog te vang.

Onlangs sien ek op een van die sosiale netwerke hoe ՚n boer ՚n bakkievrag vol soetrissies wegry om te gaan uitdeel aan mense wat swaarkry. Die hael het merkies gelaat op die skille, so dit is nie meer goed genoeg om verkoop te word nie. Sy glimlag maar net en sê die water in die grond is belangriker as een oes. Dit bly maar ՚n wêreld vol teenstrydighede. Aan die een kant sit ons met ՚n mark wat bederf is met vleklose, perfekte vrugte en aan die ander kant is daar honger mense wat smag na gesonde kos.

Hulle sê vir elke 1 500 monde in die land is daar een kommersiële boer. Dit is nogal ՚n gewigtige taak en ՚n groot uitdaging om al daardie monde te voed in ՚n land met min vrugbare grond en baie wetgewende en politieke struikelblokke. Ek haal my hoed af vir die boere en die maatskappye wat nog tussen alles deur soveel omgee dat dit ՚n saak van kommer kan wees dat die wortels nie presies ewe groot is nie!

Lekker lees en ek hoop die tegnologienuus in hierdie uitgawe help jou om slim vorentoe te boer.

Annemarie Bremner > Annemarie@proagri.co.za

Lees ProAgri 229 hier:

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

toyota corolla

2019 TOYOTA COROLLA: ‘n Legende is terug!

Kubota: Die beste bloubessies kies die beste oranje trekkers