in ,

ProAgri 228

This post is also available in: English

Dele van die Karoo het vir die eerste keer in vier jaar reën gehad en daar is orals foto’s van kinders en hondjies wat in die water speel. Op die sosiale media doen ’n video die rondte van ’n boer wat langs sy bakkie hardloop en sing uit vreugde omdat dit op sy plaas gereën het.

’n Paar dae gelede het ons berig oor ’n boer wat ernstig beseer is omdat sy bakkie en sleepwa vol voer, wat deur ’n weldoener geskenk is, aan die brand geslaan het. Sy broer huil omdat hy so hard probeer het om nog die voer vir die skape te red dat hy nie aan homself gedink het nie.

Boere druk deur, maak planne, gaan voort, maar by tye lig die sluier oor die emosies wat ons almal  maar net mense maak. Die droogte maak diep seer en veroorsaak groot skade. Die beraamde verlies weens die droogte beloop reeds meer as R7-miljard en soveel as 30 000 werksgeleenthede is in gedrang. Die kernrol wat landbou in die ekonomie speel is deur president Cyril Ramaphosa in sy staatsrede uitgelig en hoewel hy niks oor droogtehulp gesê het nie, het hy beloftes gemaak om groei in die sektor aan te help.

Op die formele parlementêre forum is die dreigement van onteiening sonder vergoeding ook versag met uitsprake dat daar eers na staatsgrond en onontwikkelde grond gekyk sal word. Laat ons hoop dit is nie net ’n 10-mm reënbui wat geval het nie – beloftes van reën breek nie die droogte nie.

As daar een ding is wat die droogte uitgewys het, is dit die lewensnoodsaaklike belang van voermaak en die berging van voer. In hierdie uitgawe val die klem op die meganiese oplossings wat tot boere se beskikking is om die voermaakproses so pynloos as moontlik te maak.

Ons klim ook in ’n paar stasiewaens, of nutsvoertuie, soos dit deesdae bekend staan, om te kyk of dit die boere sal geval.

Lekker lees en ek vertrou die laatsomer se reën sal val waar dit moet.

Boer slim!
Annemarie Bremner > annemarie@proagri.co.za

Lees ProAgri 228 hier: proagri_228_

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Agri SA is bekommerd oor die negatiewe impak van beurtkrag op landbou

Bonnox is’n leefstylkeuse