in ,

ProAgri 226

ProAgri

This post is also available in: English

“Ek gee om vir my goed; ek het hard gewerk daarvoor,” vertel ’n suksesvolle Vrystaatse boer. Na vyf- of sesduisend uur se werk lyk sy trekkers nog of hulle nuut op die handelaar se vloer staan. Nie eers stof word in ‘n kajuit toegelaat nie en sy mense weet, jy maak nie ’n trekker of stroper se deur oop terwyl die stof nog in die lug hang nie. Miskien is dit die verskil tussen vooruitgang en agteruit boer.

As iemand ’n kragnetwerk erf wat met baie moeite en beplanning oor jare sonder sy eie sweet en harde werk opgebou is, kan hy regtig daarvoor omgee? Al wat hy sien, is die geleentheid om iemand aan wie hy ’n guns skuld terug te betaal deur sy myn se steenkool te koop, of mynregte te gee of ’n vervoertender toe te staan.

As jy ’n dorp, ’n brug, ’n straat of ’n dam ’n politieke naam gee wat jou pas, sonder om eers te weet wie het dit beplan en gebou, hoekom sal jy omgee? As iemand vir jou ’n stuk grond gee en ’n trekker met werktuie en die eerste jaar se saad en kunsmis, sal jy regtig daarvoor omgee? Sal jy ooit weet hóé om daarvoor om te gee? Sal jy weet dat ’n oliekol onder die trekker ’n teken is dat jy klaar nie meer  omgegee het nie?

Daar is mense wat werklik waardeer wat na hulle kant toe kom, maar dan is dit mense wat grootgeword het en grootgemaak is met die besef dat jy nederig dankbaar moet wees vir die gawes wat jy ontvang.

Die ANC-regering en baie van hulle saketrawante het al oor en oor bewys dat hulle nie omgee vir die goed wat aan hulle toevertrou is nie. Dorpe, paaie, riviere, ’n spoornetwerk, ’n kragnetwerk, ministeries, departemente en selfs die land se grense… As hulle nie omgee vir hulle eie goed nie, waarom sal hulle omgee vir jou goed?

Jou stukkie grond wat jy en jou voorgangers met moeite en opoffering bekom en bewerk het, is die volgende ryp vrug waarop hulle hulle hande wil lê. As hulle dit eers het, gaan hulle nie omgee daarvoor nie. Hulle gaan nie hulle hande was voor hulle in die trekker klim nie.

Dit is nie maklik om teen ’n regering, landwette en die “gees van die tyd” op te staan nie, maar dit was ook nie maklik om jou plaas op te bou tot wat dit vandag is nie. Ondersteun die organisasies wat teen die onreg opstaan en ondersteun mekaar.

Ons wil in hierdie tyd die vrede en samesyn van ’n Christusfees geniet en dit is ook wat ek elkeen toewens na hierdie harde jaar. Rus en vind krag vir jou siel, want dalk moet ons volgende jaar ’n paar tafels omgooi teen die onreg!

Dankie aan elke leser, adverteerder en boer vir die ondersteuning deur die jaar.

Lees lekker en boer slim!

Annemarie Bremner > annemarie@proagri.co.za

Lees ProAgri 226 hier: proagri_226


What do you think?

1 point
Upvote Downvote

Total votes: 1

Upvotes: 1

Upvotes percentage: 100.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

KragDag 2019 – die Doen-jou-eie-ding-ekspo kry ’n landbou sub-ekspo

Scania

Scania draf lag-lag met die swaarste vrag