in ,

ProAgri 223

This post is also available in: English

Stof is ons en tot stof sal ons terugkeer… Al gooi die stedelinge die grond toe onder teer en beton, verskans hulleself agter elektriese drade, staalheinings, glasvensters en vind hulle inkomste deur op swart plastiekboksies op nagemaakte houttafels in lugversorgde kantore te tik.

Al koop hulle kos in verseëlde plastiekpakke en smul aan nagemaakte geure, kleure en smake uit plastiekbotteltjies en ry met motor-karre na elke bestemming, kan niemand wegkom van die krag van die natuur en die skade wat juis hierdie leefwyse veroorsaak nie.

Foto’s van besoedelde riviere en ashope van plastiek in die see verskyn al hoe meer op nuuskanale en in die sosiale media. Oproepe word gedoen om ’n plastiekvrye samelewing, die gebruik van hernubare kragbronne soos die son en wind en ’n bestaan nader aan die natuur. By KragDag val die klem op ’n meer selfstandige leefstyl. Mense word aangemoedig om minder afhanklik te wees van stelsels wat deur die staat voorsien word, veral elektriese krag, en om meer selfonderhoudend te wees met betrekking tot voedselvoorsiening. Op bl 35 vertel ons meer oor dr Francois Durand se praatjie oor ’n kostuin. Jy kan ook nog daarna gaan luister op KragDag se bakkiesblad.

Dit mag teenstrydig vir ’n landboutydskrif klink om almal aan te moedig om hulle eie eetbare tuine te begin, want wie gaan dan ons lesers se groente koop? Dit gaan egter oor die beginsel van ’n natuurvriendelike lewe – daardie stop en dink wat jy doen. Dit help ook nie ons almal spring op en af oor eiendomsreg en baklei onder mekaar oor wie is meer reg en die grond wat ons aan ons nageslag agterlaat is so vol gifstowwe en chemiese middels dat dit in elk geval nie ’n toekoms bied nie.

Kom ons elkeen kyk wat ons kan doen om vir die planeet te sorg sodat die planeet vir ons kan sorg. Ons artikel oor die Kuhn-baler is op ’n biologiesvriendelike plaas gedoen. As ek net genoeg plek gehad het, sou ek gewys het hoe tevrede lyk daardie koeie!

Lees lekker en onthou om van www.agri4all.com gebruik te maak om produkte te soek en te adverteer. Dit is ’n gratis diens wat ProAgri lewer.

Boer slim!

Annemarie Bremner > annemarie@proagri.co.za

Lees ons jongste uitgawe hier: proagri_223

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Pynappels presteer onder Agrico se spilpunte

Dewald Olivier

Dewald Olivier aangestel as nuwe uitvoerende beampte by SAFA