in ,

ProAgri 221

This post is also available in: English

Ons is ’n klein en hegte familie hier by ProAgri en as een van ons skielik weggeneem word maak dit seer. Stefan van Wyk was meer as ’n kollega. Hy was ’n vriend, ’n staatmaker en ’n vertroueling. Hy het my senuwees klaargemaak as hy soms op no 99 eers wegtrek met sy maand se bemarking, maar as ek bel en sê ons kort nog ’n paar rand om te druk, was hy altyd gereed… “Ons maak ’n plan,” sê hy.

Hy was ’n ware heer, altyd netjies en altyd presies. Ek is dankbaar dat ek nog ’n laaste NAMPO saam met Stefan kon  meemaak en ek besef maar net weer dat ons ons mense moet waardeer en dit vir mekaar sê terwyl ons kan.

Ons het ook vir Dirk de Koster van Inttrac gegroet. Dit is nog ’n leemte wat in die bedryf gelaat word. Nog ’n hartseer vir ’n gesin.

Boere ervaar miskien meer as stedelinge die ritme van die lewe en seisoene. Koue voel ons nie net aan eie vel nie, ons moet ook kyk na ons vee en ons harte vries saam met ons sagte plantjies op die groentelande as die swartryp verbykom.

Ons kyk af na die grond, in die grond in en ook op na die wolke en in die blou lug in om te probeer sien wat die seisoen gaan bring. Ons voel die swaarkry van ’n koei wat sukkel om te kalf en ons ervaar die vreugde van die eerste bloeisels, want ons moet alles sien om die regte besluite te kan neem.

By Val Boeredag waaroor ons solank in hierdie uitgawe ’n paar lusmakers ingeglip het, kon ons ook weer sien hoe lekker boerdery met die regte toerusting kan wees. Ons loop nog vir oulaas ’n draai deur NAMPO, ontmoet die indrukwekkende Challenger op ons voorblad en word herinner aan die waarde van toevlugsoorde in ons mielieplantplanne.

Bly warm en lees lekker!

Boer slim!

Annemarie Bremner  > annemarie@proagri.co.za

Laai ProAgri 221 hier af: proagri_221


What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

diesel

Brandstofpryse kan weer in Augustus styg

Dom Boer se lag vir die dag: