in ,

ProAgri 220

proagri

This post is also available in: English

Ek hoop jy is nog lekker loopfiks na NAMPO, want ons gaan in hierdie uitgawe weer ‘n paar wilde draaie oor die terrein gooi!

Soos elke jaar was ek weer baie beïndruk met ons mense en ook die buitelandse ontwikkelaars se nuutskeppings en voortbouing op tegnologie. Rathefbome aan trekkers gaan eersdaags tot veteraanmodelle beperk wees en alles wat ons doen word in die inligtingswolk vasgevang met satellietbeelde wat vir jou vertel hoe jou land nou eintlik lyk.

Tussen al die wonderlike tegnologie deur is daar nog altyd staalgoed op die plaas wat reggemaak of gebou moet word en die Multiplaz-sweismasjien wat by Suidwes Landbou se nuwe gesellige standplaas gedemonstreer is, het sommer baie gou tot nommer 1 op die wenslysie van baie boere geklim. Ek glo elkeen wat R32 500 op die plek kon uithaal is daarmee huis toe.

Kry ‘n beker boeretroos, sit rustig en lees meer oor dié merkwaardige masjien en vele meer wat ons span op NAMPO raakgesien het. Ek glo hierdie uitgawe van ProAgri gaan redelik lank in die leesplek bly lê!

Wenners!

Geluk aan elkeen wat ‘n paar Neptun-stewels of ‘n Think Metal-braaiertjie by ProAgri se stalletjie gewen het. Ons drie GROOTPRYS-wenners is: Johan van der Walt wat die vuurput van Think Metal gewen het, Willem Wentzel wat nou veilig kan slaap met die Kwêbeam-alarmstelsel van Krypton Security en Marelize Horn van Pietersburg wat die kragspaaryskas van Sonman losgeslaan het in KragDag se trekking.

Boer slim!

Annemarie Bremner – annemarie@proagri.co.za

Lees hier ProAgri 220: ProAgri_220

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

john deere

John Deere vier ’n eeu van snelle verbeteringe…… en die boer wen al die pad

Van satelliet tot silo – BHBW SA integreer sukses