in ,

ProAgri 219

This post is also available in: English

Wie onthou nog die ou Geelbladsye-advertensie? Wel in hierdie uitgawe kan jy jou vingers die loopwerk laat doen deur ons NAMPO-gids om te kyk wie is almal daar en watter nuwighede bied hulle aan.

Dan moet jy maar hoop jy wen een van die pare gerieflike stewels van Neptun wat in die spel is by ProAgri se stalletjie sodat jy jou lope kan loop! Ons maak lekker vuur by ProAgri vanjaar en dit gaan nie net oor die oulike ProAgri-braaiers en vuurput, of oor die ander lekker pryse soos ’n alarmstelsel en kragspaaryskas nie.

Ons nuwe webwerf, www.agri4all.com, word ook bekend gestel. Dit is ‛n eenstop help-my-soek-en-verkoop webwerf spesiaal vir boere en landboumaatskappye vir die hele Afrika. Die klem is op die aanbieding van tweedehandse produkte, soos trekkers, werktuie en voertuie, maar nuwe produkte, vee, veilings en eiendom kan ook op die webwerf gelaai word.

Die diens is GRATIS! Om enigiets op te laai, moet jy net registreer en dan is daar duidelike aanwysings oor die oplaaiproses. Die webwerf word ook in ander Afrikalande bekend gestel en dit is dus verkieslik om Engelse beskrywings by te sit as jy ’n wyer gehoor wil bereik.

Voor jy jou reis deur NAMPO met behulp van ons NAMPO-kaart beplan, lees gerus die praktiese wenke oor die keuse van toerusting vir jou boerdery wat met die hulp van Koos le Roux se Meganisasiegids opgestel is. Ons vra die vraag of wyer en groter altyd beter is. Lees gerus ook oor Rumax se nuwe elektriese bakkie vir gebruik op die plaas en gaan bekyk hom by NAMPO. Jy kan nou ook “groen” gaan!

Geniet die herfs, geniet die jagtyd wat voorlê en boer slim saam met ProAgri!

Annemarie Bremner > annemarie@proagri.co.za

Lees ProAgri 219 hier: ProAgri_219


What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Dom Boer se lag vir die dag:

Benedict Modise

NWK stel ‘n Direkteur vir Transformasie aan