in ,

Plant sonder sukkel met Piket

Piket
Kom kyk gerus by NAMPO na die nuwe 16-ry hidrouliese geenbewerkingsplanter van Piket.

This post is also available in: English

Wanneer dit planttyd is, wil geen boer sukkel of staan nie. As plaaslike maatskappy wat al diep saaispore in die landbou getrap het, verstaan Piket dit alte goed. Die maatskappy het pas hulle nuwe 16-ry hidrouliese geenbewerkingsplanter bekend gestel. Die planter voltooi die geledere van die bestaande seweduim-reeks (178 cm), naamlik die 24- en 20-ry planters wat onderskeidelik 4,28 en 3,6 meter wyd plant.

Boere wat nie so wyd wil werk nie, kan nou met die 16-ry se 2,8 meter plantwydte ook al die voordele van Carel van Niekerk en sy span van Piket se slim tegnologie geniet.

“Die planters is swaar gebou, eenvoudig om te gebruik en robuust,” vertel Sidney Haddad van Haddad Tractors op George. Hy sê die boere in die omgewing koop graag Piket-planters want hulle plant goed en hulle hou.

Daarby is die prys gunstig en boere kry die beste waarde vir hulle geld. Piket-boere is gelukkige boere, sê Sidney. Hy sê dit is geen probleem om onderdele te bekom nie, aangesien die planter plaaslik ontwikkel is en gebou word. Hy hou egter nie te veel onderdele aan nie, want “dit sal net op die rak bly sit!”. Indien daar wel ‛n probleem is of ‛n boer het raad nodig, is Piket se naverkopediens eenvoudig uitstekend. “Hulle spring om te help,” sê Sidney.

So lyk die planter

Die saadkas met sy drie bakke bevat die planter se eerste verrassing. Twee verskillende soorte saad en kunsmis kan gelyk hanteer word. Die een saadbak is ideaal vir fynsaad soos tef. Dit maak die planter perfek vir weidingsgewasmengsels. Drie pype loop deur na die plantereenheid toe, wat beteken die saad en kunsmis kan op verskillende dieptes geplaas word.

Die kalibrasie word met behulp van ‛n meter en slinger langs die saadkas gestel op die regte aantal kilogram per hektaar. Die uitmeting van saad en kunsmis word deur Piket se eie uitmeetmeganisme gedoen. Verskillende groottes saadrollers, van 5- tot 20-groef, maak die hantering van verskillende groottes saad moontlik.

Die plasing is onafhanklik van ryspoed en word meganies deur ‛n grondwiel beheer. Met meganiese aandrywing gaan daar net minder dinge fout, sê Sidney. Die afrondingswerk aan al Piket se masjiene is uitstekend. Hoë gehalte staal word perfek gesny en gebuig met lasersnywerk en rekenaarnumeriese beheer (CNC). ‛n Goeie onderlaag en dubbele bolaag verf maak die hele masjien goed roesbestand en beskerm die saadbakke ook binne. Die planter haak aan die trekker se sleepstang en hidrouliese drukking op elke plantereenheid verseker uitstekende geenbewerkingsresultate.

“Ons het die 16-ry goed getoets in ‛n land waar kuilvoermielies gesny is. Die snyskyf het die digte mieliestoppels deeglik gesny en die saadplasing was perfek,” vertel Sidney. Na die kuilvoermielieland moes die planter ook wys hoe hy fynsaad in kikoejoe inplant en soos Sidney sê: “Hy plant bitter-bitter mooi!” Elke plantereenheid het sy eie dieptebeheer en omdat elke karretjie onafhanklik beweeg, is daar uitstekende kontoervolging.

Piket
So lyk die plantereenheid van naby.

Die parallelogramstruktuur maak die eenheid meer stabiel en help om die diepte tussen sny en plasing te handhaaf. Die Piket sit sy reguit rytjies saad oral ewe diep neer, al is daar hobbels, duike polle.

Sidney sê daar is twee planteenhede aan elke karretjie, wat ook beteken daar is minder slytonderdele en dus minder onderhoudwerk. Gehapte skottels, wat minder aanpak en ook geskik is vir klipperige grond, word vir die snywerk gebruik. Agter elke snywiel loop die dubbele oopmaakskywe met die saad- en kunsmispypies en dan volg die laekompaksie-drukwiel wat ook vir dieptebeheer verantwoordelik is.

Sidney is ook beïndruk met die feit dat die 16-ry se wiele agter die planter loop en nie langs die kant nie, want nou kan jy sommer tot reg teen die draad of besproeiingspype plant om jou grond ten volle te benut. Vir die 16-ry geenbewerkingsplanter word trekkerkrag van ongeveer 60 kW (80 pk) benodig. Piket het ook planters met ‛n 250 mm (10 duim) rywydte.

Vir meer inligting oor die reeks planters en die nuwe 16-ry stuur ‛n e-pos na info@piket.co.za, skakel die kantoor by 022-913-2435 of besoek www.piket. co.za. In die omgewing van George is Sidney Haddad ook gereed om te help by 082-255-6038.

So plant die Piket-geenbewerkingplanter netjies in ‛n stoppelland.

Piket
Uitstekende, eweredige opkoms is jou voorland as jy met ‛n Piket plant.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

MacDon bring nuwe bandstropertafeltegnologie na SA

Jannie se hark sal hou!