in ,

Plant- en diereproduksie: Frekwensies bied verantwoordelike beheer

This post is also available in: English

Elke lewende organisme stuur sy eie frekwensie uit en wetenskaplikes het bewys dat plantegroei gestimuleer en peste beheer kan word deur die manipulering van frekwensies. Jan du Plessis van Agri Frequencies vertel hoe dit werk:

Ja dis reg, met frekwensies kan insek- en swambeheer doeltreffend en akkuraat toegepas word. Frekwensies is nie net baie goedkoper nie, maar die mees verantwoordelike manier om baie akkuraat net die skadelike insekte te teiken, sonder om die bestuiwers en insekvreters te benadeel.

Frekwensies kan spesie- en gebiedspesifiek gestuur word deur die koppelvlakbeginsel van kwantumfisika te gebruik. Dit bepaal dat twee voorwerpe wat op ’n energievlak gekoppel is, mekaar oor enige afstand beïnvloed.

Hoe dit werk

Elke organisme het sy eie frekwensie. Wanneer ons hierdie frekwensie uit-fase stuur vir die insek, word die energie uitgekanselleer en gaan die organisme dood. Sou ons die frekwensie in-fase stuur, word die organisme groot.

Dus kan frekwensies plante grootmaak en insekte en knaagdiere doodmaak, terwyl dit voëls, ape en jakkalse verjaag en bosluise en parasiete dood.

Frekwensies kan ook aangewend word om plante meer droogte- en rypbestand te maak, sowel as om suikerinhoud te verbeter en die raklewe van vrugte en groente te verleng. Grondvrugbaarheid word verhoog en grondorganismes gestimuleer vir dieper los grond wat meer vrugbaar is. Saad en plante wat gestimuleer word, ontkiem en groei vinniger met sterker wortelstelsels.

Agri Frequencies lewer hierdie diens enige plek in die wêreld op enige grootte oppervlakte teen ’n minimale koste.

Alge word in damkrippe en swembaddens beheer sonder nadele vir ander spesies soos vis. Watergehalte word verhoog deur strukturering om 30% water te spaar en produksie en gesondheid te verhoog; en dit voorkom talle gevreesde siektes by mense.

Gestruktureerde water het ’n lae oppervlaktespanning wat molekules meer opneembaar maak vir die klein selbuisies in ons selle. Die verhoogde suurstofinhoud maak gestruktureerde water meer reaktief en suiwer ketels en pype van kalkagtige aanpaksels. Die water is merkbaar sagter en meer oplosbaar en kan dus selfs beton sterker maak.

Brandstof is geneig om stadig te ontbrand weens molekulegroepe in die vloeistof, maar wanneer ons dit struktureer, ontbrand dit volledig. Dit lei tot meer krag, brandstofbesparing, beter verkoeling, skoner uitlaatgasse, minder slytasie en verlengde enjinlewe.

Kontak Jan du Plessis by 082-429-4055 of info@agrifrequencies.com. Besoek ook www.agrifrequencies.com.

What do you think?

-2 points
Upvote Downvote

Total votes: 2

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 2

Downvotes percentage: 100.000000%

KragDag 2018: Doen dit self!

Wolmark daal