in

Plaaslike produksie: Rumax gee jou waarde

Rumax

This post is also available in: English

Die rand is aan flarde en boere moet nou hulle sente omdraai om werktuie in te voer. Daar word nou verbete na plaaslik vervaardigde produkte gekyk sodat boere kan aanhou boer. Rumax vervaardig sy voortreflike produkte in Worcester in die Weskaap. Dit beteken dat Rumax se pryse nie as gevolg van die swak rand die hoogte inskiet nie en hulle is oorgehaal om boere wat by hulle koop ’n dubbele voordeel te bied: die beste produkte teen die gunstigste pryse.

Rumax is reeds ’n vertroude naam op boere se lippe. Jaco Pieters, die eienaar van Rumax, vertel: “Ons werk raak nou so baie dat ons genoegsaam kon uitbrei. Ons sny nou ons staal met laser in plaas van ’n plasmasnyer. ’n Robotsweiser is ook nou tot ons werksmag toegevoeg, ons het ’n smeltery en ’n hittebehandelingsaanleg en ons kan selfs ratkashulse giet.”

Rumax wys drie splinternuwe produkte by NAMPO:

7 m3 horisontale menger

Dié menger het dubbele mengskroefkerwers onderin die bak en kan selfs klein rondebale verorber. Daar is 80 lemme met kappe ingesny wat oor die twee mengawegare versprei is. Die aggresiewe lemme word uit stewige vier mm staal gesny en in Rumax se eie gietery verhard. Die menger voltooi ’n mengsiklus binne ’n skamele twintig minute. Die menger kan staties of mobiel wees en kan die voer met ’n hidrouliese kettingband of ’n awegaar uitlaai.

12 m3 vertikale menger

“Die mark vra al hoe meer na vertikale mengers en ons het besluit om die boere te gee wat hulle wil hê,” sê Jaco. “Ons eerste een het ’n koniese mengskroef met vleuels wat al wyer ondertoe word. Die grondstowwe word met ’n laaigraaf ingegooi. Die voordele van ’n vertikale menger is dat dit baie goedkoper en eenvoudig is en dit bind nat materiaal baie beter.” Dit neem ook min vloerruimte op terwyl dit hoë volumes kan meng. Die menger is ook staties of mobiel en kan hidroulies met ’n kettingband of awegaar uitlaai. ’n Mengsiklus duur 20 minute. Rumax se nuutskeppende draadlose kommunikasiestelsel waarmee jy jou menger se stappe op jou selfoon of tablet kan beheer, is vir al hulle mengers beskikbaar.

Suid-Afrikaans vervaardigde bakkie

Elektriese energie word by die dag goedkoper en meer gebruikersvriendelik en Jaco het besluit om hulle eie bakkie te vervaardig. “Die bakkie se loopkoste is tussen 15 en 18 sent per kilometer en hy kan met ’n volgelaaide battery 360 kilometer per dag ry. Ons gaan dit egter bemark vir 160 kilometer, wat baie vir ’n plaas is, om die selle se leeftyd te verleng,” sê Jaco.

Die bakkie sal een ton kan dra en het ‘n wringkrag van 320 Nm. “Normale vyftienduim bande sal op die wiele pas en alle onderdele sal plaaslik beskikbaar wees,” sê Jaco. “Ons gaan ’n werkende prototipe by NAMPO hê waarmee ons hopelik sal kan rondry.”

Boer bekostigbaar vooruit met Rumax. Skakel Jaco Pieters by 082-335-3970 of 023-342-6070 of e-pos jaco@rumax.co.za.

Rumax
Rumax se 7 m3 horisontale voermenger met sy twee awegare meng ’n volle vrag voer binne vyf minute.
Rumax
Elektriese voertuigaandrywing is nou ook op die plaas moontlik! Rumax se elektriese eentonbakkie ry lag-lag meer as 160 km ver met ’n volgelaaide batterypak. Kom kyk self by Nampo. Carlo en Willa Nolte van Loxton bewonder die nuutskepping.

Rumax
Rumax se eerste vertikale 12m³ voermenger.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Scania

Scania vat jou wiele plaas toe

Krone

Só maak Rovic Leers se masjiene melk