This post is also available in: English
Wat is nou lekkerder as ‘n resep met net drie bestanddele en wat net 10 minute vat om aanmekaar te slaan?
Jy benodig:
– 4 Groot ryp piesangs
– 2 Eetlepels grondboontjiebotter
– 100 ml Kondensmelk
Nou maak jy so:
– Sny die piesangs in skywe en vries vir 1 – 2 ure.
– Plaas die gevriesde piesangs in ‘n Blender en blend stadig totdat dit lekker romerig is.
– Voeg nou die Grondboontjiebotter en kondensmelk by.
– Blend vir ‘n verdere 1 minuut en skep uit in ‘n lugdigte houer.
– Plaas in die vrieskas to dit gevries is.
*Jy kan die grondboontjiebotter vervang met enige iets waarvoor jy lus is.
Resep gegee deur: Daniëlle Terblanche from Deli-icious Catering. Skakel 012-335-0051, 079-617-3122 of stuur vir haar ‘n e-pos na dvdm87@gmail.com vir bestellings. Of besoek haar webwerf: www.deliciouscatering.co.za.