This post is also available in: English
Jy benodig:
– 1 Pot stywe pap
– 3 Koppies gerasperde kaas
– 2 Opgekapte uie
– 1 Pakkie opgekapte sampioene
– 1 Pakkie gebraaide, opgekapte spek
– 1 Blikkie tamatie & uiesmoor
Nou maak jy so:
– Pak ‘n laag stywe pap onder in ‘n oondvaste bak.
– Braai uie, sampioene en spek saam.
– Smeer die helfte van die blikkie smoor oor die onderste laag pap.
– Plaas nou die helfte van jou uiemengsel oor die smoor.
– Strooi ‘n koppie gerasperde kaas oor.
– Herhaal die lae tot die bak vol is en eindig met ‘n laag smoor en ‘n oorgrootte porsie gerasperde kaas.
– Bak teen 180 grade celcius vir 20 minute.
Resep gegee deur: Daniëlle Terblanche from Deli-icious Catering. Skakel 012-335-0051, 079-617-3122 of stuur vir haar ‘n e-pos na dvdm87@gmail.com vir bestellings. Of besoek haar webwerf: www.deliciouscatering.co.za.