in ,

Pajero Sport hou Blitsbok-kaptein, gesin veilig

Pajero Sport

This post is also available in: English

Om agter die stuur van die nuwe Pajero Sport van Mitsubishi Motors in te skuif, gee die Rugby-Seweskaptein, Philip Snyman, algehele gemoedsrus.

Noudat die tweede ronde van die HSBC Wêreldrugby-Sewesreeks hierdie naweek in Hamilton, Nieu-Seeland, afskop, het Mitsubishi Motors Suid-Afrika aangekondig dat hy Snyman se voertuigborgskap vir 2019 hernu het.

“Dit is wonderlik om Philip aan boord van die Mitsubishi Motors SA-span te hê en ons is trots om met hom geassosieer te word – nie net as Suid-Afrika se suksesvolste Blitsbok-kaptein nog nie, maar ook vanweë sy rugbyontwikkelingsinisiatief,” sê Nic Campbell, hoofbestuurder van Mitsubishi Motors Suid-Afrika.

Philip, wat die afgelope dekade drie Wêreldbeker-Sewesreeks-titels (twee as kaptein) met die Springbok-sewes gevier het, sal sy span Saterdag en Sondag by die FMG-stadion in Waikato op die veld lei.

“Dit is ’n groot eer, en dit is verblydend wanneer borge my so ondersteun,” sê die 31-jarige professionele rugbyspeler wat die Blitsbokke in 2019 vir ’n derde seisoen aanvoer.

Die Pajero Sport is ook Philip se derde voertuig uit die Mitsubishi Motors-familie, en hy is baie beïndruk met die nuutste klasbeste tegnologie wat in die Mitsubishi Motors-stal beskikbaar is. “Ek voel geërd om ’n motor te bestuur wat vir die 2019- AutoTrader- Motor van die Jaar-kompetisie benoem is,” het hy gesê voordat die span onlangs na Nieu-Seeland vertrek het in hul soeke na die Wêreldrugby-seweskampioenskap.

“Ek bewonder hierdie fabrikaat al vandat ek ’n klein seuntjie was, en nou kry ek ’n Pajero Sport om te ry. Dié sportnuts is nie net vir veldren-avonture gemaak nie, maar is ook maklik om daagliks te ry – selfs in die smal strate van sommige Wes-Kaapse dorpe.”

Philip sê nadat hy die Pajero Sport al twee jaar ry, is van die beste eienskappe van die motor dié wat sy gesin beskerm. “Ek weet dat my dogter veilig in haar babasitplek is danksy die ISOFIX-sitplekankerpunte, en die voertuig bied meer as genoeg ruimte agterin vir al die baba-goed wat saamgaan. Dit is soveel meer as net ’n gesinsmotor,” sê hy.

“En daar is altyd genoeg ruimte, of dit nou toerusting vir rugbyoefening of net bagasie op pad na die volgende plek is.”

Die Nieu-Seelandse ronde van die reeks volg op die Kaapstadse ronde einde verlede jaar en verskuif aanstaande naweek na Sydney, Australië, vir die volgende ronde.

“Ons ondersteun nie net Philip en sy gesin nie, maar ook Philip en sy span in hul strewe om die trofee vanjaar weer huis toe te bring – en as hulle dit regkry, het die Pajero Sport in sy 7-sitplek-uitleg genoeg ruimte vir die hele span en die trofee! Ons wens Philip en die Blitsbokke alles van die beste vir die 2019-HSBC-Wêreldrugby-sewesreeks toe,” het Nic afgesluit.

Agtergrondinlingting oor die Mitsubishi-Motorkorporasie (MMC)

Die Mitsubishi-Motorkorporasie is ’n wêreldwye motorvervaardiger in Tokio, Japan, wat ’n mededingende voordeel in sportnutse en bakkies, elektriese en inprop-hibriede elektriese voertuie het. Sedert die Mitsubishi-groep sy eerste motor meer as ’n eeu gelede vervaardig het, het hy ’n ambisieuse en dikwels ontwrigtende benadering getoon, nuwe voertuiggenres ontwikkel en baanbrekerswerk met hipermoderne tegnologie gedoen. Ons handelsmerkstrategie, wat diep in Mitsubishi Motors se DNS gewortel is, sal in die smaak val van ambisieuse bestuurders wat bereid is om konvensionele wysheid uit te daag en gereed is om verandering te omhels. Mitsubishi Motors het in ooreenstemming met hierdie ingesteldheid sy nuwe handelsmerkstrategie in 2017 bekend gestel, wat “Drive your Ambition” genoem word – ’n kombinasie van persoonlike dryfkrag ten gunste van vooruitgang wat die konstante dialoog tussen die handelsnaam en sy klante weerspieël.

Mitsubishi Motors is vandag verbind tot deurlopende belegging in vernuwende tegnologie, aantreklike ontwerp en produkontwikkeling om klante wêreldwyd van opwindende en outentieke nuwe voertuie te voorsien.

Bron: Mitsubishi Motors Suid-Afrika

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

wol

Wolmark styg steeds

droogte

Droogte-opname: Ernstige krisistoestande in landelike gebiede