in

OSV is ‘n spyker in die ekonomie se doodskis

This post is also available in: English

Agri SA sal voortgaan om alle moontlike weë te ondersoek om die belange van boere en die boerderygemeenskap te beskerm, insluitend om die wysiging van artikel 25 in die hof te beveg. Vandag se besluit deur die parlement is nie die einde van die pad nie; daar is steeds tyd en regsremedies om die wysiging te stop.

“Die beskerming van eiendomsreg is absoluut krities vir beleggings, voedselsekerheid en volhoubare landelike hervorming,” sê Omri van Zyl, Agri SA se uitvoerende direkteur. “Dit is nie wenslik of nodig om artikel 25 van die Grondwet te verander nie. Agri SA hou vol dat daar negatiewe gevolge sal wees indien daar ‘n wysiging is. Dit sluit in die negatiewe impak op grondwaardes, wat produksie-finansiering aan kommersiële en opkomende boere drasties in gedrang bring.”

Agri SA was op verskeie forums aktief om sy standpunt bekend te maak en het dié standpunt aan die parlement, regeringsamptenare, politieke partye en lede van die internasionale diplomatieke gemeenskap voorgelê. Agri SA is ook deel van die President se adviespaneel om werkbare oplossings na die tafel te bring.

Agri SA bly verbind tot sy verklaarde standpunt teen wysigings aan die Grondwet om vir onteiening sonder vergoeding (OSV) voorsiening te maak.

“Ons is op ‘n kritieke tydstip in ons geskiedenis ten opsigte van die grondvraagstuk en ons moet dringend aandag aan die aspirasies en vrese van alle Suid-Afrikaners oor hierdie sensitiewe saak gee,” sê Dan Kriek, Agri SA President. “Die lyn is in die sand getrek en Agri SA sal alles in sy vermoë doen om boere se belange te beskerm.”

Bron: Agri SA

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Boran beeste se genomiese profiele

Nasionale minimumloon in 2019 van krag