in

Op die grond: ‘n Ontleding van plaasaanvalle in die Vrystaat vir die tydperk April 2016 tot Maart 2018

This post is also available in: English

Dr. Jane Buys – Veiligheids- en Risiko-analis, Vrystaat Landbou

Die verskynsel van ernstige geweldsmisdade ook beter bekend as plaasaanvalle op plase en of kleinhoewes teen boere, hulle gesinne en inwoners/werkers wat op plase woonagtig is, is oor dekades heen ‘n fenomeen in die Vrystaat. Wat die dinamika van hierdie spesifieke ernstige en geweldsmisdaad ten opsigte van boerderygemeenskappe betref, moet dit duidelik gestel word dat daar geen willekeurige aanval plaasvind nie, wat beteken dat opportunistiese misdadigers nie op die punt van die oomblik besluit om ‘n spesifieke boer, sy gesin of werkers aan te val nie.

By die meerderheid aanvalle is voorafkennis bewustelik vanaf werkers of voormalige werknemers verkry of onbewustelik deur werknemers wat op sosiale plekke praat oor hulle werkgewers wat opportunistiese misdadigers gebruik om sodanige plase/boere te teiken in gewapende rowe. Dit is duidelik in die gevallestudies wat deur die veiligheidslessenaar van Vrystaat Landbou (VL) uitgevoer is, deur die slagoffers van plaasaanvalle in die Vrystaat te ondervra, dat aanvallers voorafgaande waarnemings gehou het op geteikende plase/slagoffers oor watter honde op die terrein was, dat hulle vooraf inligting gehad het waar sekuriteitshekke binne huise geïnstalleer is, dat hulle deeglik bewus was van die roetine van die slagoffers, dat hulle alreeds sulke aanvalle in die verlede geloods het as gevolg van die manier waarop hulle opgetree het en vuurwapens hanteer het, en dat hulle voortdurend in gesprek was met ‘n voertuig wat hulle vervoer het na/van die toneel af. In sommige van die voorvalle is die verdagte voertuig wat die aanvallers vervoer het, ‘n dag voor die aanval deur sommige boere in die gebied opgemerk.

In baie gevalle is bekend dat aanvallers spesifieke besonderhede het oor waar kluise geleë is wat vuurwapens, kontant en waardevolle items bevat. Navorsing toon verder dat plaasaanvalle meestal goed beplan en uitgevoer word met noukeurigheid, wat beteken dat groepe op ‘n georganiseerde wyse betrokke is, wat nie die moontlikheid van sindikate/georganiseerde groeperings se potensiële betrokkenheid by plaasaanvalle uitsluit nie, wat deur SAPD-taakspanne ondersoek moet word deur middel van verbindinge.

Behalwe vir voertuie, trekkers en vee wat geteiken is, is slegs in vier voorvalle items wat buite huise gestoor is, geroof deur aanvallers soos kragopwekkers, vragmotorbatterye, gereedskap, brandstof, ens. Alle voorwerpe wat aanvallers beroof/steel, is meestal in huise geleë. Dit is ook ‘n gegewe dat in 20-24% van voorvalle die afgelope twee boekjare in die Vrystaat niks gesteel/beroof is in plaasaanvalle nie. Die mees waarskynlike rede hiervoor was vinnige reaksie deur slagoffers om bure in kennis te stel of die LBS nl. die mobilisering van boerderygemeenskappe in hulle area; sommige slagoffers dra vuurwapens en wanneer daar op hulle geskiet word, het hulle teruggeskiet en aanvallers gevlug.

Die analise toon verder dat 40-50% van die aanvalle gemik was om toegang tot huise te verkry, dus die voorneme om te steel en beroof. Daarbenewens kan ‘n soort nalatigheid (20-25%) van sommige slagoffers bespeur word deur nie hulle huise voldoende te beveilig nie. In sommige voorvalle het slagoffers na buite gegaan om ondersoek te gaan instel wanneer honde blaf of hulle stemme hoor, en word hulle maklike teikens vir aanvallers. Dit is ook bekend dat in drie aanvalle die verkeerde plase geteiken is wat weereens die roof motief uitwys.

Byna een derde (32,43%) van boere in die Virginia-gebied waar ‘n impak en omvang van misdaadstudie in Oktober 2016 plaasgevind het, het berig dat hulle sielkundige trauma ervaar as gevolg van die impak van meestal eiendomsverwante misdade (wreedheid wat met veediefstal gepaard gaan) in hulle omgewing en dat hulle sielkundige behandeling daarvoor ontvang. Die impak van plaasaanvalle op boerderygemeenskappe se welsyn kan tans nie bepaal word nie en verdere navorsing is dus noodsaaklik. Daar is ook gesê dat, behalwe vir droogte, misdaad die grootste bedreiging is wat ‘n volhoubare landbousektor bedreig en wat daartoe bydrae dat boere die sektor verlaat.

As daar in ag geneem word dat agt werkers en vyf boere die afgelope twee boekjare in plaasaanvalle in die Vrystaat vermoor is, moet boerderygemeenskappe meer gefokus word op die voorkoming van sulke voorvalle binne die Landelike Veiligheid Strategie (LBS). Vrystaat het ‘n afname in plaasaanvalle beleef wanneer 2016-2017 met 2017-2018 vergelyk word. Werkers op plase word ook geteiken in plaasaanvalle. Vir die afgelope twee kalenderjare is 17 plaasaanvalle per jaar in die Vrystaat voorkom.

In die huidige kalenderjaar (2018) is 12 aanvalle sover voorkom, meestal deur vroeë waarneming en opsporing van verdagte voertuie/persone wat deur beide werkers en boere in landelike gebiede waargeneem word, navrae aan sommige werkers deur moontlike rowers oor geld en vuurwapens binne huise; inligtingsnetwerke deur SAPD (Misdaad Intelligensie) sowel as plaaswagstrukture wat aandui dat spesifieke plase geteiken gaan word. Die goeie vennootskapsbenadering binne die LBS dra aansienlik by tot die sukses van ‘n pro-aktiewe benadering t.o.v. plaasaanvalle.

Net vyf boere wat lede van georganiseerde landbou is, was die afgelope finansiële jaar in die Vrystaat in plaasaanvalle geteiken. Dit kan dus afgelei word dat die betrokkenheid van boerderygemeenskappe om deel te neem in die LBS, deur verhoudings met SAPD, bure, gemeenskappe, werkers/inwoners op plase uit te bou en te verbeter; kommunikasie netwerke te verbeter deur middel van WhatsApp veiligheidsgroepe en radionetwerke; deur inligting oor pro-aktiewe en voorkomende maatreëls met mekaar te deel; en om hulle deur middel van opleidingswerkswinkels deur beide georganiseerde landbou en SAPD in staat te stel hoe om te reageer in noodsituasies, beslis bydraend is tot die skepping van ‘n veiliger landelike gebiede in die Vrystaat.

Die volledige verslag is hier beskikbaar: AgriSA_Plaasveiligheid_W4

Bron: Agri SA

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Monsanto

Bayer voltooi oorname van Monsanto

wol

Die wolmark styg steeds