in ,

Ontmoet Poynting se PUCK-antennas vir die plaas

This post is also available in: English

Jy hoef dit nie te sien om te sien hoe dit werk nie

Internet en ander vorms van digitale kommunikasie is deesdae net so belangrik vir boerdery soos reën.

Besproeiing en beveiliging word van selfone af beheer, slim- en presisietoerusting benodig digitale kommunikasie en trekkers se spore word deur satellietkommunikasie beheer.

Al hierdie toepassings gebruik die Internet van Dinge (IoT) en M2Meenhede wat vir hulle kommunikasie met die netwerk swaar steun op goeie gehalte antennas.

Poynting se PUCK-reeks is ideaal vir die kommunikasie. Die klein, ronde antenna kan op verskeie maniere aan toerusting gemonteer word. Dit kan vasgeplak word, met ՚n haak geheg word of selfs magneties gemonteer word. Dit is waterdig, stofdig en taai. Die maatskappy het selfs met ՚n 2-tonvoertuig bo-oor die antenna gery om te bewys dat dit sal hou op die plaas! PUCK is verbasend kragtig vir sy grootte.

Daar is ՚n paar weergawes: Die vlagskip 5-in-1-antenna spog met 2×2 MIMO LTE, 2×2 MIMO Wi-Fi (Dubbelband 2,4 GHz + 5 GHz) en GPS/GLONASS antenna in een eenheid. Daar is ook ՚n eenheid wat net Wi-Fikommunikasie het of net GPS/GLONASS. Laasgenoemde staan bekend as die GPS-1-V2. Die twee sellulêre MIMO-antennas (vir 2G, 3G of 4G) dek die bandwydte van 698 MHz tot 2 700 MHz wat in die internasionale LTE-band val. Die antenna sal ook 5G kan hanteer.

Die twee Mimo Wi-Fi-antennas is albei dubbelband-antennas wat 2,4 GHz en 5 GHz gelyk kan hanteer. Die antenna presteer beter as baie mededingende produkte van dieselfde grootte, veral in die hoërfrekwensiebandwydte, sê Stephan Froneman, produkbestuurder van die Poynting Groep.

Vir meer inligting stuur ՚n e-pos na info@poynting.tech of besoek www.poynting.tech.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Scania eindig ‘n glorieryke era op ‘n hoë noot

Besoek Goscor by NAMPO op standplaas C17 waar ons die beste gehalte nywerheidsprodukte en masjiene ten toon stel