in

#Ondersteun #kleinkaasmakers by die SA Kaasfees

Joyene Isaacs (Departementshoof, WKDL), Gerald van der Merwe (Foxenburg Plaastoesighouer), Johan Ehlers (HUB, Agri-Expo), Beverley Schäfer (Wes-Kaapse minister van Ekonomiese Geleenthede), Khuselo Mchithakali (Foxenburg Kaasmaker) en John Tshabalala (uitvoerende bestuurder van Absa in die Wes- en Oos-Kaap. Foto verskaf deur Agri-Expo.

This post is also available in: English

Die Suid-Afrikaanse Kaasfees, wat vanjaar van Vrydag 26 tot Sondag 28 April 2019 vir die 18de keer aangebied word, verleen elke jaar aan ‘n aantal klein kaasmakers die geleentheid om waardevolle blootstelling vir hul besighede en produkte te bekom.

“Die SA Kaasfees bring kaasprodusente en kaasliefhebbers reeds vir byna twee dekades suksesvol byeen,” sê Johan Ehlers, hoof uitvoerende beampte van Agri-Expo, organiseerders van die SA Kaasfees. “Vanjaar kan ons weer met die rugsteun van die Wes-Kaapse Department van Landbou en Absa deur middel van ons #Support #SmallCheeseMakers-projek vir boetiekkaasmakers die geleentheid bied om hul kase aan sowat 30 000 besoekers bekend te stel.”

“Ons moedig die publiek aan om hierdie entrepreneurs, wat ten spyte van die droogte van heinde en verre kom om hul unieke handgemaakte kase aan kaasliefhebbers bekend te stel, tydens die SA Kaasfees te kom ondersteun,” voeg Ehlers by.

Besoekers kan vanjaar op die uitkyk wees vir klein kaasmakerye soos Karoo Goat’s Milk (Loxton), Kasselshoop (Stilbaai), Foxenburg Estate (Wellington), Bettie Bok (Lambertsbaai), Forest Hill (Klapmuts), Puglia (Kaapstad), Rockvale Cheesery (Bronkhorstspruit), Vredesberg (Kareedouw), La Petit France (Howick) en TlaquePaque (Klein Brakrivier).

Unieke platform dra by tot ekonomie

Klein kaasmakers is dit eens dat die blootstelling aan so ʼn groot groep verbruikers soos by die SA Kaasfees goud werd is. Volgens Liesel Kasselman van Kasselshoop speel die fees ‘n enorme rol in klein kaasmakers se marknavorsing, produkontwikkeling en om bande te bou met kopers. “Die SA Kaasfees het vir ons kleinhandel-deure oopgemaak waardeur ons produksie verhoog het van 500kg na 10 ton per maand,” sê sy. “Ons personeelkorps het ook gegroei van sewe tot 20.”

Jan van der Merwe van Vredesberg Kaas, wat vir die eerste keer in 2018 uitgestal het, sê die bemarkingsgeleenthede wat oor hulle pad gekom het ná hul deelname was van onskatbare waarde vir ‘n nuwe kleinbesigheid. “Die SA Kaasfees het vir ons as klein kaasmakers die platform gebied om op ‘n kommersiële vlak mee te ding en deel te raak van die ekonomie. Ons kon reeds ons bokkudde verdubbel met die nuwe vraag na produkte. Ons is ook besig om met ‘n groot kettingwinkel te onderhandel om ons produkte op hul rakke te kry.”

“Die Wes-Kaapse Departement van Landbou is trots om hierdie boetiekkaasmakers te ondersteun aangesien hulle ‘n integrale deel die landbouwaardeketting vorm,” meen Joyene Isaacs, departementshoof van die WKDL. “Hoewel verbruikers handgemaakte kase toenemend geniet, moet klein kaasmakers groot uitdagings oorkom op die pad na ekonomiese volhoubaarheid. Die geleentheid wat die SA Kaasfees skep in terme van marktoegang, is inderdaad prysenswaardig.”

Absa se betrokkenheid by die SA Kaasfees maak volgens John Tshabalala, uitvoerende bestuurder van Absa in die Wes- en Oos-Kaap, volkome besigheidsin. “Die sukses van die vennootskap is tweeledig. Eerstens genereer die projek uitstekende blootstelling vir die klein kaasmakers se produkte, wat vir hulle die potensiaal inhou om vinniger toegang tot winkelrakke te kry. Tweedens ontvang die gemeenskappe waarbinne die kaasmakers hul besighede bedryf terselfdertyd ‘n ekonomiese inspuiting deurdat ‘n groeiende bedryf nuwe werksgeleenthede skep.”

Datum, tyd en kaartjies

Die SA Kaasfees vind van Vrydag 26 April tot Sondag 28 April 2019 op Sandringham buite Stellenbosch plaas. Geen kaartjies sal by die hekke te koop wees nie. Kaartjies is beskikbaar by Computicket, Shoprite en Checkers teen R180 per persoon per dag.  Senior burgers betaal R120 en kinders van 2 tot 13 jaar betaal R20. 

Besoek www.cheesefestival.co.za, kontak Agri-Expo by tel 021-975-4440 of e-pos admin@agriexpo.co.za vir meer inligting. Vir programhoogtepunte, volg die SA Kaasfees op Facebook (Cheese Festival), Twitter (SACheeseFest) of Instagram (sacheesefest).

Bron: Isabeau Botha, Agri-Expo

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Grondgesondheid – bepalend vir die toekoms van lewe?

Somer- en wintergewasse 2019: Produksieskatting en voorneme om gewasse te plant