in

NWK stel ‘n Direkteur vir Transformasie aan

Benedict Modise

This post is also available in: English

NWK Beperk het Tebogo Benedict Modise as Direkteur vir Transformasie, met ingang van 1 Junie 2018, aangestel. Sy aanstelling vir hierdie nuwe pos is ‘n verdere stap in die bestuur van die hernieude NWK sakestrategie met die doel om betekenisvolle waarde toe te voeg tot die Suid-Afrikaanse landbou- en voedselwaardeketting as ‘n dinamiese en klantgerigte vennoot in ‘n veranderende sake-omgewing.

“Ons is veral trots dat ons ‘n interne kandidaat in hierdie sleutelrol kon aanstel. Benedict is goed gekwalifiseer vir die posisie en baie kundig oor die omvang van ons diverse sakebedrywighede. Hy verdien die bevordering tot hierdie pos as die volgende stap in sy loopbaan. Ons sien uit daarna om hom as ‘n lid van die uitvoerende bestuurspan by NWK te hê, en die waarde wat hy in die rol gaan byvoeg. Hy het reeds bewys dat hy toegewyd is aan NWK en die sukses van ons besigheid. In die nege jaar wat hy al by NWK is, het ons gevind dat Benedict eens is met ons waardes en visie om waarde tot die hele Suid-Afrikaanse landbou landskap toe te voeg,” sê Theo Rabe, hoof uitvoerende beampte van NWK Beperk.

“Ons sien landbou as ‘n nasiebou-bedryf. NWK ondersteun al ‘n geruime tyd opkomende boere en bevorder transformasie van ons bedryf aktief. Die opwindende aanstelling van ‘n Direkteur: Transformasie stel ons in staat om ons transformasie-inisiatiewe en vennootskappe sinvol te verstewig met die plaaslike en provinsiale regering, ons gemeenskappe en alle segmente van die bedryf waarmee ons sake doen. Ons is baie gelukkig dat ons ‘n bekwame en toegewyde kollega aangestel het in hierdie belangrike rol, “sê Rabe.

“Ek is ‘n entrepreneuriese en selfgedrewe bestuurder. Ek sien uit daarna om my ervaring in landbou en landbou-ontwikkeling goed te gebruik en waarde tot NWK toe te voeg,” sê Modise. “Hierdie rol vereis iemand wat ‘n sterk leier, ‘n bedrewe netwerker en ‘n veelsydige spanspeler is. Ek is vol vertroue dat ek die uitdagings die hoof sal bied, terwyl ek waardevolle verhoudings bou en altyd my sin vir humor behou,” voeg Modise by.

Benedict Modise bring meer as twintig jaar se bestuurservaring in verskeie nywerhede tot sy nuwe pos, met ondervinding in beide private – en regeringsinstellings. In 1997 het hy as plaasbestuurder by Glen Agricultural College in die Vrystaat se Departement van Landbou gewerk. Hy het daarna in 2001 tot 2004 verskuif na Korrektiewe Dienste op Barberton as Bestuurder van die Produksiewerkswinkel en Landbou. Tydens sy verblyf op Barberton het hy ook as Streekkoördineerder: Produksiewerkswinkel en Landbou vir Limpopo, Mpumalanga en die Noordwes-streek opgetree. Van 2004 tot 2009 het hy as Sentrum-koördineerder Operasionele Ondersteuning by Mogwase Korrektiewe Sentrum gewerk. Hy het in 2009 as Landboukundige by NWK aangesluit en is in 2012 tot Bestuurder: Ontwikkelende Landbou bevorder.

Benedict Modise het ‘n Nasionale Diploma in Landboubestuur van Taung Landboukollege en ‘n B-Tech in Landboubestuur van Technikon Vrystaat. Hy is veeltalig en doen gemaklik sake op alle vlakke in minstens ses van Suid-Afrika se nasionale tale. Benedict studeer tans vir ‘n meestersgraad in Volhoubare Landbou, deur die Universiteit van die Vrystaat wat hy in 2018 wil voltooi. Hy is getroud met Portia en is die pa van twee seuns en ‘n dogter.

Bron: NWK

NWK se hoof uitvoerende beampte, Theo Rabe (regs), wens Benedict Modise geluk met sy aanstelling as NWK Beperk se eerste Direkteur: Transformasie.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

ProAgri 219

ECM: ATN MARS sal jou uitkyk op die lewe verander