in

Nuy Wynkelder sprei hulle vlerke met Nuy Craft Gin

This post is also available in: English

Nuy Wynkelder, geleë tussen Worcester en Robertson op die R60, stel met trots bekend die toevoeging van twee nuwe boetiekjenewers tot hulle reeks – Nuy Mastery Craft Gin en ‘n beperkte aantal Nuy Legacy Craft Gin.

Sedert hulle stigtig in 1963, word Nuy Wynkelder se produkte op die enkel hoeksteen van gehalte verbou.  Eweknie met hulle wynmaakproses, verseker Nuy die gehalte van hulle nuwe jenewers deur die beste botanikalieë, alkohol en verpakking van dwarsoor die land en regoor die wêreld te bekom en te vervaardig.

In ooreenstemming met die boetiekkultuur word hierdie handgemaakte jenewer in beperkte hoeveelhede gedistileer en gebottel en is daar tans slegs 2500 bottels van die Nuy Mastery Craft Gin en 1000 bottels van die beperkte aantal Nuy Legacy Craft Gin.

Distillasie Proses

Nuy Craft Gin se unieke resepte is met sorg ontwikkel en verfyn om die perfekte balans van botaniese geure en aromas te bekom en verseker om jenewerfiele te bekoor en selfs die kieskeurigste jenewer-fynproewer tevrede te stel.

Die jenewers se unieke geurkombinasies word aan ‘n suikerriet-spiritusbasis oorgedra deur die proses van plantweking en distillasie.  Slegs heel vrugte en kruie word gebruik en geen kunsmatige geure word bygevoeg nie.  Dit is dan ook die natuurlike plantolies wat tydens die distilasieproses vrygestel word wat bydra tot die jenewer se blou skynsel wat gesien kan word sodra water of tonikum bygevoeg word.  Die finale produk is ‘n baie sagte spiritis, wat skoon of as ‘n klassieke G&T geniet kan word.

Proenotas en prys

Nuy Mastery Gin – Dié jenewer het pikante, vrugtige geure met ‘n botoon van  grenadella, mango en ‘n tikkie sitrus.  Dit kos R375 per bottel.

Nuy Mastery Gin werk perfek met ‘n skyfie  lemmetjie, vars tiemie en baie ys, afgerond met indiese tonikum water en bedien as ‘n klassieke G & T.

Limited Edition Nuy Legacy Gin – Dié jenewer is ‘n komplekse, speseryagtige spiritus met die aromatiese geure van ginseng en kassiekaneel (ook genoem Chinese kaneel) met ‘n sweempie sitrus en ondertone van anys.  Dié drankie herinner sterk aan die bekoorlike geur van speserymarkte en kos R425 per bottel.

Die jenewer kan geniet word saam met ‘n skyfie lemoen, swartpeperkorrels en ‘n paar gesnyde kersietamaties as garnering, en gemeng met indiese tonikum en baie ys – ‘n G & T met ‘n kinkel.

Proe Nuy Craft Gin by Nuy On The Hill

Beide Nuy Craft Gins kan geproe word by Nuy Wynkelder se unieke proelokaal en restaurant, Nuy on the hill, teen R30 per proe. Die jenewer mengeldrankies kan geniet word teen R58 elk.

Waar te koop

Die twee Nuy Craft Gins is te koop by Nuy on the hill proelokaal en restaurant, of aanlyn by http://www.nuywinery.co.za/

Vir meer inligting oor Nuy Wynkelder, besoek http://www.nuywinery.co.za/ of kontak Tara Rabie by 023-347-0272 of epos marketing@nuywinery.co.za

Uitergereik deur Yolandi de Wet PR namens Nuy Winery

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Wolmark styg weer

Agri SA bly bekommerd oor voortslepende droogte