in , ,

Nuwe leier vat Scania se stuur in Suider-Afrika

This post is also available in: English

Scania begin die nuwe jaar met ՚n nuwe bestuurder wat die leisels vasvat in Suider-Afrika. Die Suider-Afrikaanse mark is een van die maatskappy se strategiese streeksgroeipunte. Scania het 50 000 werknemers in sowat 100 lande, met hulle verkope- en diensnetwerk strategies geplaas waar hulle kliënte hulle ook al nodig het.

Na ՚n tydperk wat sterk op groei gefokus is, het Scania besluit om wêreldwyd verskeie veranderinge aan sy kommersiële bedrywighede te aan te bring, wat ՚n versterkte strategiese ommeswaai in die Scania-groep se streeksentrums sal meebring.

Erik Bervall is Scania SA se nuwe besturende direkteur.

As deel van hierdie aksie het Scania die aanstelling van Erik Bergvall as die nuwe besturende direkteur vir Suider-Afrika aangekondig. Erik neem oor by Fabio Souza, wat aan die einde van 2021 na Brasilië teruggekeer het as die besturende direkteur daar.

Erik het reeds talle senior leierskaprolle vervul gedurende sy 14 jaarloopbaan by Scania. Die mees onlangse was besturende direkteur van Scania Midde-Ooste, waar hy sterk groei in sowel voertuigverkope as naverkope-diens bewerkstellig het, terwyl hy verskeie nuwe volhoubare vervoeroplossings aan die Golfstreek bekend gestel het.

Voor dit was hy streekdirekteur, verantwoordelik vir die Noordwes-streek van Scania in Duitsland. Hy het ՚n Meestersgraad in Bedryfsingenieurswese en Bestuur aan die Linkoping Universiteit van Tegnologie in Swede verwerf.

Erik se fokus as besturende direkteur van Scania Suider-Afrika sal die versterking van Scania se aanbie-ding aan kliënte wees, met besondere klem op die bekendstelling van nuwe ontwikkelings wat ontwerp is om hulle winsgewendheid en bedryfsdoeltreffendheid te verhoog.

In die vragmotorwêreld is Scania die voorloper in die vestiging van noue bande met hulle kliënte, en hulle doen moeite om kliënte se sakebedrywighede te verstaan en die regte pasgemaakte oplossings vir hulle vervoerbehoeftes te vind.

Scania het 50 000 werknemers in 100 lande en Suider-Afrika is een van hulle strategiese groeipunte.

Soos in die res van die wêreldmark, is Suider-Afrika se vervoerbedryf ge-reed om aan te pas en die voordele van digitalisering te aanvaar, wat daarop gemik is om doeltreffendheid te verbeter, koste te verminder en diens-vlakke te verhoog, terwyl die impak op die omgewing ook verminder word. As nuwe bestuurder is Erik goed geplaas om Scania se interne span tot ՚n sterk groei in verkope te ondersteun.

Scania Suider-Afrika se verhoogde vermoë om hulle kliënte se sakegroei te ondersteun deur een-tot-een vennootskappe, ongeëwenaarde brandstofdoeltreffendheid en gevorderde tegnologiese ontwikkelings, lui ՚n nuwe era vir plaaslike vervoeroperateurs in. Erik sien uit daarna om hierdie ver-anderinge te bestuur en om voort te bou op Scania se reputasie as ՚n leier in die plaaslike vervoerbedryf.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Skryf jou beste suiwel in vir die 189ste SA suiwelkampioenskappe in 2022

Mielieopkoms: Die groot impak van ‘n dag