in ,

Nuttige werktuie beïndruk boere by Val Boeredag

Val Boeredag
Ongeveer 3 200 boere en belangstellendes het vanjaar se Val Boeredag tussen Greylingstad en Standerton bygewoon.

This post is also available in: English

Die gewilde Val Boeredag bars uit sy nate: 19 verskaffers van landboumeganisasie het vanjaar met 51 trekkers, 51 werktuie, 4 hoogloopspuite en verskeie grondverskuiwingsmasjiene weer daarin geslaag om ’n skouspelagtige Val Boeredag moontlik te maak. Boonop was daar ook 168 stalletjies, heelwat vee- en damesuitstallings en ’n paar musikante om die dag sinvol en smaakvol af te rond.

Vanjaar se Boeredag is die 23ste wat deur Waterval Boerevereniging aangebied is. Die vereniging is in 1998 gestig met die samesmelting van die Roodebank- en Val Boereverenigings. “Val is die grootste boeredag in die land,” sê Hardus Smith, voorsitter van die Waterval Boerevereniging, “en ons is baie geseënd met die besoekersgetalle. Die uitstallers en demonstrasies groei elke jaar. Vanjaar was daar sowat 3 200 besoekers. Ek wil graag ons hoofborge, AFGRI, Dekalb, Pioneer, PANNAR en Link Seed bedank vir hulle reuse bydrae.”

ProAgri was natuurlik daar om oor die nuwe en ou, maar steeds indrukwekkende, werktuie en trekkers verslag te doen:

Die M9540 van Kubota se kraglewering van 70,9 kW sleep Jupidex se Kverneland Optima 4-ry planter met gemak.
New Holland se T8.435 SmartTrax het ’n enjinverplasing van 8,7 liter met ’n maksimum kraglewering van 279 kW. Agri-Afrika se Great Plains 7326DH-skotteleg wat die bultrekker hier demonstreer, is een van die doeltreffendste werktuie om onkruid meganies te verwyder en lande terselfdertyd gelyk te maak.
Matthew Barkas, JCB se streeksbestuurder in Afrika, wys hoe die 531-70 Loadall-telehanteerder soos ’n krap kan ry deur al vier wiele skuins te draai. Dit kom baie handig te pas as jy byvoorbeeld naby aan ’n kraalmuur moet werk.

Kempston Agri se Stara Twister 1500-dubbelskyfkunsmisstrooier werp die korrels met dodelike akkuraatheid 36 meter wyd.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

ATN se nuwe X-sight 4K werk dag en nag

Bednar-werktuie werk kliphard in klipharde grond