in ,

New Holland bied aan: Die soetste stroper en die taaiste trekker

new holland

This post is also available in: English

Groot dinge, waaroor boere tot in die verre toekoms bly en dankbaar sou wees, het begin toe Abe Zimmerman in 1895 ’n toerustingherstelwinkel in New Holland, Pennsylvania, Amerika, oopgemaak het. Dit is die oorsprong van die naam, New Holland, wat boere regoor die wêreld vandag nog met waardering en respek gebruik.

Abe het gou besef dat hy ’n groter bydrae tot die landbou kan maak as om bloot toerusting wat andere ontwerp en gemaak het te herstel. Hy het New Holland-werktuie begin vervaardig om betroubare, doeltreffende landboutegnologie ’n stap verder te voer. Van toentertyd tot vandag toe herken almal wêreldwyd die naam New Holland aan hulle gehalte en gebruikersvriendelike werktuie vir boere en veral trekkers wat hard werk in ruil vir min diesel.

New Holland het ook hulle grootstes vanjaar by NAMPO Kaap uitgestal:

CR-stroper

CR-stroper

Die CR-reeks stropers is die mees gevorderde en produktiewe stropers in die wêreld. Daar is drie stropers in die New Holland-reeks: die CR 6.80, CR 7.90 en CR 9.80. Die stroper het op 15 Augustus 2014 die hui-dige strooprekord opgestel – 797,656 ton koring in minder as agt uur!

Meer oor die CR7.90:

Die stroper se graantenk kan 11 300 liter opslurp en die dubbelrotor-skoonmaakstelsel sorg vir vinnige, doeltreffende stroopwerk. “Hy het klipbeskerming (ASP) wat elektrohidroulies werk. Dit hoef nie deur mense skoongemaak te word nie; hy gooi die klippe self uit,” sê Nico Dreyer, New Holland se produkbestuurder vir stropers en spuite.

Die IntelliSteer beteken die stroper kan self stuur en maklik verstel om vir die boer optimale produksie te gee en om dit moontlik te maak om 24 uur per dag te stroop.

“Die stroper het ook telematika waarmee die boer die inligting van die stroper op sy rekenaar kan sien en aflaai,” sê Nico.

Die boer se graangehalte is gewaarborg met die Opti-Clean-stelsel, want dit verseker die skoonste graan.

Verder is die kajuit van die stroper lekker groot sodat die boer lang ure sonder engtevrees kan stroop en iemand kan selfs

saamry vir geselskap. Die IntelliView-kleurraakskerm maak dit maklik om sy oog deurgaans op alle aspekte van die stroopproses te hou.

T8-trekkerreeks

Boere het na die gedugte T8.410-trekker wat New Holland by NAMPO Kaap vertoon het gestroom om hom van naby en binne te bekyk en te bewonder.

New Holland se T8-trekkerreeks is meestal vir primêre grondvoorbereiding bedoel en is van die kragtigste trekkers in die wêreld. Die reeks bestaan uit vyf modelle tussen 184 kW (T8.320) en 279 kW (T8.435).

“Die trekkers word gekenmerk deur produktiwiteit en operateursgerief,” sê Ockert Scheepers, produkbestuurder van trekkers vir New Holland.

Al die modelle is beskikbaar met PowerShift– of met CVT-transmissie (deurlopend wisselende kragoordrag). Die trekker het lang dienstussenposes en ’n klein koolstofvoetspoor. ’n Volledige reeks werktuie kan voor aan die trekker gemonteer word, want hy het ’n voorste driepunthyser en kragaftakker, wat opsioneel beskikbaar is. 

Meer oor die T8.380:

“Die boer kan kies tussen “Smart Track”- of gewone bande. “Smart Track” is rusperbande aan die agterkant van die trekker en voor is gewone lugdrukbande. Die rusperband gee beter vastrapkrag met minder wielglip, verminder grondverdigting en sorg vir beter gewigsverspreiding, balans en stabiliteit,” sê Ockert.

Die trekker bevat alles wat die boer nodig het om suksesvol te boer en al die kontroles is byderhand om sake vir die operateur so maklik as moontlik te maak. Dit is ook die gemaklikste trekkerrit wat die boer sal ervaar oor selfs die rofste terrein. “Die klimaatbeheer en spieёls verstel elektries, die trekker het ’n lugveringsitplek en ook ’n passasiersitplek, ruim kajuit, al die kontroles is op die armrus gemonteer en dit beweeg saam met die operateur in die stoel net soos die navigasie-skerm wat standaardtoerusting is,” voeg Ockert by.

Kontak New Holland by 011-205-3700 of besoek hulle webwerf by www.newholland.com/za vir meer inligting of om te verneem wie jou naaste verspreider is.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Vitamech se MacDon fnuik woeste winde……en red boere se oeste

Knikker peste uit met Swartland Spuitpompe se RS 3000